hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Onderriggewende gedig van Asaf. My volk, luister na My wet; draai julle ore na die woorde van My mond.Mat 13:35

2. Ek sal My mond oopmaak in vergelykende stories; Ek sal raaisels uit die ou tyd uiter.

3. Dit wat ons gehoor het en ken, wat ons vaders ons vertel het,

4. sal ons nie vir hulle seuns wegsteek nie, maar aan die volgende geslag vertel van die lofprysinge van יהוה, Sy sterkte en die wonderlike dade wat Hy gedoen het,

5. want Hy het ’n getuienis opgerig in Ya’akov en ’n wet aangestel in Yisra’el, wat Hy aan ons vaders beveel het, om dit aan hulle seuns bekend te maak

6. sodat die volgende geslag hulle kan ken, selfs die seuns wat nog gebore sal word, wat moet opstaan en dit aan hulle seuns vertel

7. dat hulle hul versekerde verwagting in God kan plaas en nie die dade van God vergeet nie, maar Sy opdragte kan uitvoer

8. en nie wees soos hulle vaders nie, ’n hardkoppige en rebelse geslag, ’n geslag wat nie hulle verstand, wil en emosie herstel het nie en wie se gees nie standvastig was teenoor God nie.

9. Die seuns van Efrayim, boogskutters bewapen met boë, het omgedraai op die dag van die geveg.

10. Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te leef in Sy wet.

11. Hulle het Sy dade en sy wonders vergeet wat Hy hulle voor die oë van hulle vaders gewys het.

12. Hy het wonderlike dinge gedoen in die land van Mitzrayim, in die velde van Tzo’an.

13. Hy het die see verdeel en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos in watersakke.

14. In die dag het Hy hulle ook gelei met ’n wolk en die hele nag met ’n lig van vuur.

15. Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle laat drink soos uit groot dieptes.

16. Hy het strome ook uit die rots laat uitgaan en die waters laat afloop soos riviere,

17. maar die mense het voortgegaan om te sondig en om te murmureer teen die Allerhoogste in hulle dors na water

18. en hulle het God getoets in hul verstand, wil en emosie deur kos te vra om hulle begeertes te vervul.

19. Ja, hulle het teen God gekla. Hulle het gesê: “Kan God tafels met kos voorsien in die wildernis?

20. Let op, Hy het die rots geslaan dat waters uitvloei en die strome oorvloei; kan Hy brood ook gee, kan Hy kos gee vir Sy mense?

21. יהוה het dit gehoor en daarom kwaad geword; ’n vuur is dus aangesteek teen Ya’akov en woede het ook opgekom teen Yisra’el

22. omdat hulle nie in God geglo en in Sy verlossing vertrou het nie

23. alhoewel Hy die wolke daarbo beveel het en die deure van die hemel oopgemaak hetYog 6:31

24. en vir hulle ‘man hu’ laat reën het om te eet en vir hulle van die brood van die hemel gegee het;

25. die mens het die kos van engele geëet; en Hy het vir hulle oorvloediglik wild gestuur.

26. Hy het winde laat waai in die lug en deur Sy krag die Suidewind ingebring;

27. Hy het ook vleis soos stof op hulle laat reën en geveerde voëls soos die sand aan die see

28. en Hy het hierdie binne-in hulle kamp laat val, rondom hulle tente.

29. Hulle het geëet en was ten volle versadig, want Hy het aan hulle hul eie begeerte gegee.

30. Tog het hulle nie hul begeerte opgegee nie, maar terwyl hulle kos nog in hulle mond was,

31. het die woede van God teen hulle opgekom en die rykstes onder hulle neergeslaan en die gekose van Yisra’el laat buig.

32. Nogtans het hulle steeds gesondig en nie in Sy wonderlike dade geglo nie;

33. daarom is hulle dae in sinnelose boosheid deurgebring en hulle jare in ongeduld.

34. Wanneer Hy hulle neergeslaan het, het hulle Hom gesoek en teruggedraai en nader aan Hom gekom

35. en hulle het onthou dat God hulle Helper was en die Allerhoogste God hulle Verlosser.Ya’a 1:26

36. Nogtans het hulle Hom liefgehad met hulle monde en vir Hom gelieg met hulle tonge,

37. want hulle verstand, wil en emosie was nie getrou aan Hom nie en ook was hulle nie standvastig in Sy verbond nie.

38. Hy is vol onverdiende guns, die Vergewer van sonde en Hy vernietig nie; ja baie keer draai Hy Sy woede weg en wek nie Sy volle toorn op nie,

39. want Hy het onthou dat hulle slegs vlees is, ’n wind wat verbygaan en nie weer kom nie.

40. Hoe dikwels het hulle Hom kwaad gemaak in die wildernis, Hom gegrief in die woestyn.

41. Ja, hulle het teruggedraai en God getoets, die Afgesonderde Een van Yisra’el geïgnoreer.

42. Hulle het nie Sy hand onthou nie, of die dag toe Hy hulle van die onderdrukker bevry het nie,

43. hoe Hy Sy tekens in Mitzrayim gedoen het en Sy wonders in die veld van Tzo’an,

44. of hoe Hy hulle riviere en hulle stroompies in bloed verander het sodat hulle nie kon drink nie.

45. Hy het swerms insekte tussen hulle ingestuur wat hulle opgevreet het en paddas wat hulle vernietig het.

46. Hy het ook hulle oes aan die sprinkane gegee en hulle harde werk aan die rusper.

47. Hy het hulle wingerde met hael verwoes en hulle vyebome deur ryp.

48. Hy het ook hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee tot vernietiging.

49. Hy het die intensiteit van Sy woede oor hulle gestuur, woede, toorn en moeilikheid, deur die hand van ’n bose engel.

50. Hy het kragtige metodes gebruik, hulle lewens nie gespaar van die dood nie en hulle beeste oorgegee aan die pesGen 10:6

51. en al die eersgeborenes in Mitzrayim neergeslaan, die mooiste van hulle seuns in die tente van Gam,

52. maar Hy het Sy eie volk laat uittrek soos skape en hulle begelei in die wildernis soos ’n kudde.

53. Hy het hulle veilig gelei sodat hulle nie bang was nie, maar die see het hulle vyande oorweldig

54. en Hy het hulle gebring na die grens van Sy Afgesonderde Plek, na hierdie berg, wat Sy regterhand besit het.

55. Hy het die ander nasies voor hulle uit verdryf en aan hulle ’n erfenis gegee deur mate en die stamme van Yisra’el in hulle tente laat bly.

56. Tog het hulle die Allerhoogste getoets en kwaad gemaak en nie Sy getuienisse onderhou nie,

57. maar hulle het teruggedraai en misleidend opgetree, soos hulle vaders; hulle was verdraaid soos ’n gedraaide boog,

58. want hulle het Hom kwaad gemaak deur op hoë plekke te offer en deur hulle gesnede beelde Sy woede opgewek.

59. Toe God dit gehoor het, was Hy woedend en het Hy Yisra’el gehaat

60. sodat Hy die Tabernakel in Shiloh verlaat het, die Tent wat Hy opgeslaan het tussen mense

61. en Hy het Sy volk oorgegee in gevangeskap en Sy lof en eer in die hand van die onderdrukker.

62. Hy het Sy volk oorgelewer aan die swaard en Sy erfenis nie geag nie.

63. Die vuur het hulle jongmanne verteer en hulle jong dogters is geskend.

64. Hulle priesters het deur die swaard geval en hulle weduwees het nie getreur nie.

65. Toe het יהוה opgestaan soos een uit die slaap uit, soos ’n magtige een wat die effek van wyn afgeskud het

66. en Hy het Sy teëstanders laat terugdeins, hulle in ’n ewige verwerping gesit.

67. Meer nog, Hy het die tent van Yosef geweier en die stam van Efrayim het Hy nie gekies nie,

68. maar Hy het die stam van Y’hudah gekies, die berg Tziyon wat Hy liefhetYeg 40:2; Yeg 43:7

69. en Sy Afgesonderde Plek gebou op ’n hoë plek en dit vir ewig op die aarde gevestig.

70. Hy het ook vir Dawid, Sy kneg, gekies en hom vanaf die skaapkrale gevat;

71. van om die voedende ooie te volg, het Hy hom gebring om Ya’akov, Sy volk en Yisra’el, Sy erfdeel, te voed.

72. Hy het hulle versorg volgens die integriteit van sy verstand, wil en emosie en hulle gelei deur die bekwaamheid van sy hande.