hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 107 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Loof en prys יהוה met uitgestrekte hande, want Hy is goed, want Sy goedheid duur vir ewig!

2. Laat die vrygekooptes van יהוה so sê, wat Hy losgekoop het uit die hand van die onderdrukker

3. en versamel het vanuit die lande, uit die ooste en die weste, uit die noorde en uit die eilande in die see.

4. Hulle was verdwaald in die wildernis, in ’n plek sonder water; hulle kon nie die regte pad na ’n bewoonde stad vind nie.

5. Honger en dors het hulle lewe inmekaar laat krimp.

6. Toe het hulle na יהוה uitgeroep in hul moeilikheid en Hy het hulle uit hul benoudheid bevry

7. en hulle gelei op die regte pad om na bewoonde dorpe te gaan.

8. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is op die seuns van die mens,

9. want Hy bevredig die lewe wat verlang en vul die honger lewe met goedheid.

10. Omdat dié wat sit in duisternis en die skaduwee van die dood, vasgebind in depressie en ysters,

11. gemurmureer het teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het;

12. daarom het Hy hulle binneste deur moeite verneder; hulle het swak geword en daar was niemand om te help nie.

13. Toe het hulle tot יהוה gebid in hul moeilikheid en Hy het hul uit hul benoudheid gered.

14. Hy het hulle uitgebring vanuit die duisternis en die skaduwee van die dood en hulle bande verbreek.

15. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is oor die seuns van die mens,

16. want Hy het die poorte van koper verbreek en die ysterwering afgesny.

17. Hy het hulle vanuit hulle lewenswyses van sonde gehelp; Hy het hulle verlig vanuit hulle onderdrukking.

18. Hulle lewe het ’n afsku aan alle soorte kos gehad en hulle het naby die poorte van die dood gekom.

19. Toe het hulle tot יהוה uitgeroep in hul moeilikheid en Hy het hulle uit hul benoudheid verlos.

20. Hy het Sy Boodskap gestuur en hulle genees en hulle bevry van vernietiging.

21. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is op die seuns van die mens.

22. Offer aan Hom die offers van lof en eer met uitgestrekte hande en verklaar Sy werke met uitroepe.

23. Hulle wat na die see afgaan in skepe, wat handel drywe op baie waters,

24. húlle sien die werke van יהוה en Sy wonders in die dieptes,

25. want Hy beveel en lig die stormwind op wat die golwe daarvan opsweep.

26. Hulle hoop op tot in die lug en gaan weer af na die dieptes; hulle lewe is omgekrap in hulle.Efe 4:14; Ya’a 1:6

27. Hulle swaai heen en weer soos ’n dronk man en is radeloos.

28. Toe het hulle tot יהוה uitgeroep in hul moeilikheid en Hy het hulle uit hul benoudheid verlos.Mar 4:39

29. Hy maak van die storm ’n stilte sodat sy golwe stil is.

30. Toe was hulle bly omdat hulle rustig is en Hy bring hulle na hul hawe van begeerte.

31. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is oor die seuns van die mens.

32. Laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom helder en duidelik loof in die sitting van die oudstes.

33. Hy verander riviere in ’n wildernis en waterfonteine in droë grond,

34. ’n vrugbare land in onvrugbaarheid, oor die boosheid van hulle wat daarin bly.

35. Hy verander die wildernis in poele van water en droë grond in waterfonteine

36. en daar laat Hy die hongeres bly sodat hulle dorpe kan bou en vestig

37. en die lande saai en wingerde plant en die vrugte daarvan eet.

38. Hy seën hulle ook dat hulle baie vermenigvuldig en hulle vee nie minder word nie.

39. Weer word hulle verminder en verneder deur onderdrukking, boosheid en smart.

40. Hy stort veragting uit oor heersers en laat hulle dwaal in die wildernis waar geen pad is nie.

41. Hy versterk die behoeftiges en vermenigvuldig hulle families soos kuddes.

42. Die regverdiges sal dit sien en hulle verheug en al die bose sal hulle monde toemaak.

43. Wie ook al wys is en hierdie dinge sien, hulle sal die liefdevolle goedheid van יהוה verstaan.