1. ’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Dawid. Let op, hoe goed en hoe aangenaam is dit vir broers om saam te wees in eenheid!
2. Dit is soos die kosbare olie op die kop en op die baard, die baard van Aharon, wat afloop op die kraag van sy kleed,
3. soos die dou van Hermon wat val op die berg van Tziyon, want daar het יהוה die seën beveel, die lewe vir ewig!