hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Loof en eer Yah alleen! Loof en prys יהוה met uitgestrekte hande, want Hy is goed, want Sy goedheid duur vir ewig.

2. Wie kan die magtige dade van יהוה uiter? Wie kan al Sy lofprysing vertoon?

3. Gelukkig is hulle wat Sy oordele bewaar en te alle tye onpartydig opreg is.

4. Onthou ons, o יהוה, met die guns wat U vir U volk het; o, besoek ons met U verlossing

5. dat ons die goeie van U gekosenes kan sien dat ons ons kan verheug in U vreugde en helder en duidelik saam met U erfenis kan loof.

6. Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het oortree, verkeerd gedoen.

7. Ons vaders het nie U wonders in Mitzrayim verstaan nie, hulle het nie die oorvloed van U goedheid onthou nie, maar was rebels teen Hom by die see, by die Sufsee.Yeg 20:9; Yeg 14:22

8. Nogtans het Hy hulle gered om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil sodat Hy Sy magtige krag bekend kon maak.

9. Hy het ook die Sufsee bestraf sodat dit opgedroog het en Hy het hulle deur die dieptes gelei, net soos deur die wildernis.

10. Hy het hulle gered uit die hand van die vyand en hulle bevry uit die hand van die onderdrukker

11. en die waters het hulle teëstanders oordek; daar was nie een van hulle oor nie.Eks 15

12. Toe het hulle Sy woorde geglo, hulle het Sy lofprysing besing,

13. maar hulle het God gou vergeet, hulle het nie in Sy raad vertrou nie,

14. maar in die wildernis na hulle begeertes gesmag en God getoets in die woestyn.

15. Hy het hulle gegee wat hulle gevra het en aan hulle oorvloed gegee.

16. Hulle was in die kamp ook jaloers op Moshe en op Aharon, die afgesonderdes van יהוה.

17. Die aarde het oopgegaan en Datan ingesluk en die groep van Aviram bedek.

18. ’n Vuur is aangesteek onder hulle groep, die vlam het die bose verbrand.

19. Hulle het ’n kalf by Horev gemaak en neergebuig voor die gegote beeld.

20. So het hulle hul Opgeligte Een verruil vir die afbeelding van ’n bees wat gras eet.

21. Hulle het God, hulle Verlosser, vergeet, wat groot dinge gedoen het in Mitzrayim,

22. wonderdade in die land van Gam en vreeslike dinge by die Sufsee;Yeg 22:30

23. daarom het Hy gesê dat Hy hulle sal vernietig, as Moshe, Sy gekose, nie voor Sy Teenwoordigheid vir hulle in die bres getree het om Sy woede weg te draai sodat Hy hulle nie sou vernietig nie.

24. Ja, hulle het die begeerlike land verag, Sy woord nie vertrou nie,

25. maar in hul tente gemurmureer en nie na die stem van יהוה geluister nie;

26. daarom het Hy Sy hand teen hulle opgelig om hulle te verstrooi tussen die ander nasies

27. en om ook hulle nageslag te verstrooi tussen die ander nasies en hulle los te laat in die lande.Num 25:1-3

28. Hulle het ook neergebuig voor die afgode van Ba’al-P’or en offerandes geëet wat aan die dooies geoffer is.

29. So het hulle Hom kwaad gemaak deur hulle dade, Hom kwaad gemaak deur hulle beelde en ’n plaag het skielik onder hulle uitgebreek.Num 25:7-11

30. Toe het Pingas opgestaan en oordeel uitgevoer en die plaag is gestopNum 25:12,13

31. en dit is vir hom gereken as ’n oorwinning, in alle geslagte vir ewig.

32. Hulle het Hom ook kwaad gemaak by die waters van M’rivah sodat dit met Moshe sleg gegaan het as gevolg van hulle,

33. want hulle het gerebelleer teen sy gees sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.

34. Hulle het nie die nasies vernietig wat יהוה hulle beveel het nie,

35. maar hulself was vermeng met die ander nasies en het hulle dade aangeleer

36. en hulle afgode gedien, wat ’n strik vir hulle was.

37. Ja, hulle het hulle seuns en hul dogters aan demone geoffer

38. en onskuldige bloed vergiet, selfs die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kena’an geoffer het en die land was besoedel deur bloed.

39. So is hulle onrein gemaak deur hul eie dade en het gaan hoereer met hul eie uitvindsels;

40. daarom het die woede van יהוה ontvlam teen Sy volk; soveel so dat Hy Sy eie erfenis verafsku het

41. en Hy het hulle in die hand van die ander nasies gegee en dié wat hulle gehaat het, het oor hulle geheers.

42. Ook het hulle vyande hulle onderdruk en hulle moes buig onder hul hand.

43. Baie keer moes Hy hulle red, maar húlle het Hom bitter gemaak deur hulle planne en hulle is verneder deur hulle boosheid.

44. Nogtans het Hy hulle benoudheid raakgesien en hulle gebed gehoor

45. en Hy het Sy verbond onthou en hulle jammer gekry en hulle gelei volgens die oorvloed van Sy goedheid.2 Kon 25:27-30

46. Hy het hulle ook laat jammer kry deur almal wat hulle as gevangenes weggevoer het.

47. Verlos ons, יהוה, ons God en versamel ons vanuit die nasies sodat ons U afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) kan loof en prys met uitgestrekte hande en U lofprysing hardop kan uitroep!Luk 1:68 vanaf ewigheid tot ewigheid en laat al die mense sê: “Dit is waar. Loof en eer Yah alleen!”

48. Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el,