hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 145 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Lofprysing van Dawid. Ek sal U oplig, o my God, die Koning en ek sal goedpraat van U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig en ewig.

2. Elke dag sal ek U seën en U Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik loof vir ewig en ewig.

3. יהוה is groot en waardig om helder en duidelik geloof te word en Sy grootheid is ondeurgrondelik.

4. Een geslag sal U werke vertel aan die ander en U magtige dade verkondig.

5. Ek wil praat van die wonderlikheid van die grootheid van U majesteit en van U wonderlike dade

6. en mense sal praat van die krag van U wonderlike dade en ek sal U grootheid verkondig.

7. Hulle sal die herinnering aan U grote goedheid oorvloedig uiter en U regverdiges sal dit soek en vind.

8. יהוה is vol onverdiende guns en liefdevolle omgee, stadig om kwaad te word en vol goedheid.

9. יהוה is vir almal goed en Sy liefdevolle omgee is oor al Sy diensknegte.

10. Al U diensknegte sal U loof met uitgestrekte hande, o יהוה en U afgesonderdes sal U seën.

11. Hulle sal praat van die grootheid van U koninkryk en praat van U krag,

12. om aan die seuns van die mens U mag bekend te maak en die wonderlike majesteit van U koninkryk.

13. U koninkryk is ’n ewige koninkryk en U heerskappy duur voort deur al die geslagte. (Peshitta) יהוה is getrou in Sy woorde en onpartydig opreg in al Sy dade.

14. יהוה hou almal wat val regop en Hy lig almal op wat neergebuig is.

15. Almal se oë wag op U en U gee hulle kos op die regte tyd.

16. U maak U hand oop en versadig die begeerte in elke lewende wese.

17. יהוה is regverdig in al Sy optredes en goedgunstig in al Sy werke.

18. יהוה is naby aan almal wat uitroep na Hom, almal wat na Hom roep in waarheid.

19. Hy sal die begeerte vervul van hulle wat Hom respekvol vrees en Hy sal ook hulle uitroep hoor en hulle red.

20. יהוה beskerm almal wat Hom liefhet, maar Hy sal al die bose vernietig.

21. My mond sal die lofprysing van יהוה uitspreek; laat alle vlees vir ewig en ewig goedpraat van Sy afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit).