1. Vir die musiekleier: ’n gedig met instrumentale musiek, met snaarinstrumente; ’n lied. 2 Mag God aan ons onverdiende guns skenk en ons seën; Sy Teenwoordigheid oor ons laat skyn
2. sodat die mense op aarde U lewenswyse mag ken, U reddende genesing onder al die nasies.
3. Laat al die volke U met uitgestrekte hande loof, o God, laat al die volke U loof met uitgestrekte hande.
4. Laat die nasies bly wees en hardop sing, want U sal die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde regeer.
5. Laat al die volke U met uitgestrekte hande loof, o God, laat al die volke U loof met uitgestrekte hande,
6. dan sal die aarde sy vermeerdering oplewer en God, ons God, sal ons seën.
7. God sal ons seën en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.