hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; op Muth-labben (By die dood van die seun): ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2. Ek wil יהוה met my hele verstand, wil en emosie, met uitgestrekte hande, loof en dank; ek sal van al U wonders vertel.

3. In U wil ek bly wees en spring van vreugde; ek wil musiek maak en sing tot eer van U Naam (Karakter en Outoriteit), o Allerhoogste.

4. Wanneer my vyande teruggedryf word, struikel en sterf hulle voor U Teenwoordigheid,

5. want U het my regverdige saak en my doel bevestig; U het gaan sit op die troon, o regverdige Regter!

6. U het die nasies bestraf, die wetsoortreders vernietig; U het hulle naam vir ewig en ewig uitgevee.

7. Die vyande het omgekom in ewige puinhope en U het die stede ontwortel; selfs hulle nagedagtenis is vernietig,

8. maar יהוה bestaan vir ewig voort; Hy het Sy troon vir oordeel voorberei

9. en Hyself sal die wêreld oordeel in onpartydige opregtheid en die volke vonnis met gelykheid.

10. יהוה sal ook ’n vesting wees vir die onderdrukte, ’n vesting in tye van moeilikheid

11. en hulle wat U Naam (Karakter en Outoriteit) ken, sal hulle vertroue in U plaas omdat U, o יהוה, dié wat U soek, nie in die steek laat nie!

12. Sing en maak musiek tot eer van יהוה wat in Tziyon bly; verkondig Sy dade onder die volke,

13. want Hy het onthou om hulle bloed te vergeld; Hy vergeet nie die geroep van die geteisterdes nie.

14. Betoon onverdiende guns aan my, יהוה, sien my pyniging deur hulle wat my haat, U wat my oplig uit die poorte van die dood

15. sodat ek kan vertel van al U lofprysinge in die poorte van die dogter van Tziyon; kan juig oor U verlossing.

16. Die nasies het gesink in die put wat hulle gemaak het; hulle eie voete is gevang in die net wat hulle gespan het.

17. יהוה maak die oordeel bekend wat Hy uitvoer. Die wetsoortreder is verstrik in die werk van sy eie hande. Higgajon (Oordink dit).

18. Die wetsoortreder en al die volke wat God vergeet, sal na Sh’ol gedraai word,

19. want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die versekerde verwagting van die geteisterdes nie vir ewig verlore gaan nie.

20. Staan op, יהוה, laat die mens nie seëvier nie; laat die nasies in U Teenwoordigheid geoordeel word! 21 Stel vir hulle ’n wetgewer aan, יהוה sodat die nasies kan weet dat hulle maar net mense is!