hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Van Dawid. Tot U, o יהוה, lig ek my lewe op.

2. My God, in U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande nie oor my triomfeer nie.

3. Ja, almal wat in U vertrou, sal nie beskaamd staan nie; laat die bose beskaamd staan met hulle nietighede.

4. Wys my U manier van doen, o יהוה; leer my U paaie.

5. Lei my in U waarheid en leer my, want U is my God en My Verlosser. Op U wag ek die hele dag.

6. יהוה, onthou U sagte omgee en U liefdevolle goedheid, want dié is van ewigheid af.

7. Onthou nie die sondes of rebellie van my jeug nie, maar onthou my volgens U onverdiende goedheid, ter wille van U goedheid, o יהוה!

8. יהוה is goed en opreg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die manier van lewe.

9. Hy sal die swakkes lei in die regverdige oordeel en die behoeftiges leer in Sy lewenswyse.

10. Al die paaie van יהוה is liefdevolle goedheid en waarheid vir dié wat Sy verbond en Sy getuienisse hou.

11. Om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, יהוה, spreek my vry van my onregverdigheid, want dit is groot.

12. Wie is die man wat יהוה respekvol vrees? Hy sal hom leer aangaande die lewenswyse wat hy gekies het.

13. Hy sal lewe in voorspoed en sy nageslag sal die aarde besit.

14. Die geheime van יהוה is vir dié wat Hom respekvol vrees en Hy sal Sy verbond aan hulle bekend maak.

15. My oë is voortdurend op יהוה, want Hy sal my voete uit die net bevry.

16. Draai na my toe en bewys aan my onverdiende guns, want ek is heeltemal alleen en geteister.

17. Die moeilikhede van my verstand, wil en emosie is vermenigvuldig; lei U my uit my moeilikhede.

18. Kyk na my teistering en my moeite en vergeef al my sondes.

19. Kyk na my vyande, want hulle is baie en hulle haat my met ’n onregverdige haat.

20. Bewaar my lewe en bevry my, want ek het op U vertrou.

21. Die onskuldige en die opregte volg my omdat ek op U vertrou.

22. God, het Yisra’el verlos van al sy onderdrukkers!