1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, wie mag bly in U tent? Wie mag woon op U afgesonderde berg?
2. Hy wat met integriteit loop, onpartydige opregtheid doen en wat die waarheid praat in sy verstand, wil en emosie.
3. Hy skinder nie met sy tong nie en doen geen boosheid teenoor sy naaste of aanvaar geen omkoopgeskenk van sy vriend nie;
4. in wie se oë die sedelose veragtelik is, maar hulle eer wat יהוה vrees. Hy sweer tot sy eie skade, maar verander dit nie.Eks 22:25
5. Hy wat nie sy geld uitleen teen rente nie en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit geskud word nie.