1. Vir die musiekleier: van Dawid tot herinnering. 2 O God, maak gou om my te bevry, o יהוה, maak gou om my te help!
2. Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en verward wees; laat hulle wat my ongeluk begeer omgedraai en deurmekaar gemaak word.
3. Laat hulle agteruitgaan deur hulle herhalende skande wat vir my sê: “Ha, ha!”
4. Laat almal wat U soek hulself in U verheug en bly wees en laat hulle wat U verlossing lief het voortdurend sê: “Laat God groot gemaak word!”
5. Ek is egter arm en behoeftig; kom gou na my toe, o God, U is my Hulp en my Bevryder; o יהוה, moenie uitstel nie!