hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 38 Bybel vir Almal (ABA)

Hiskia word baie siek, en die Here maak hom gesond

1. Koning Hiskia het in daardie tyd baie siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Jy moet vir jou familie sê wat jy wil hê hulle moet doen, want jy sal sterf, jy sal nie gesond word nie.”

2. Hiskia het sy gesig na die muur gedraai en hy het tot die Here gebid.

3. Hy het gesê: “Ag, Here, dink asseblief daaraan dat ek gehoorsaam was aan U met my hele hart en dat ek altyd gedoen het wat U wil hê.”Hiskia het hard gehuil.

4. Die Here het met Jesaja gepraat

5. en Hy het gesê Jesaja moet vir Hiskia gaan sê: “Ek, die God van jou voorvader Dawid, sê: Ek het jou gebed gehoor en Ek het jou trane gesien. Ek sal jou nog 15 jaar laat lewe.

6. Ek sal jou en hierdie stad red van die koning van Assirië.

7. En dít sal vir jou die teken wees dat Ek sal doen wat Ek gesê het:

8. Die son is al klaar laag, en die skaduwee op die trappe van die sonwyser van Agas wys dat dit laat is, maar Ek sal die skaduwee tien trappe laat teruggaan.”Die skaduwee het tien trappe teruggegaan en dit het gewys dat die son weer hoog in die lug is.

Hiskia skryf ’n lied

9. Koning Hiskia van Juda was siek en hy het weer gesond geword. Hy het toe ’n lied geskryf. Hy het gesê:

10. Ek het gedink ek sal nogjonk wees wanneer ek sterf,ek sal na die doderyk moet gaanvoordat ek oud geword het.

11. Ek het gedink ek sal die Herenie weer sien nie,hier waar die mense woonwat lewe.Ek het gedink ek sal nooit weer’n mens sien nie,hier in die wêreldwaar die mense woon.

12. Die Here het myafgebreek en Hy het my gebêresoos ’n skaapwagter sy tentafslaan en bêre.Hy het my lewe afgesny en opgerolsoos ’n stukkie garing.Hy gooi my heeltemal weg,elke dag en nag.

13. Soos wanneer ’n leeu ’n bok vangen sy bene stukkend kou,so breek Hy my.Die Here gooi my heeltemal weg,elke dag en nag.

14. Ek sug en klasoos ’n voëltjie, soos ’n duif.Ek het opgekyk na die hemeltotdat my oë klein geword het.Here, dit gaan sleg met my,help my asseblief!

15. Wat moet ek sê?Dit is die Herewat dit gedoen het.Moet ek my hele lewelank swaarkry?

16. Here, U laat mense leween U sal my saam met hullelaat lewe.U sal my weer sterk laat worden U sal my laat aanhou lewe.

17. Nou weet ek, dit was vir my goeddat dit so sleg gegaan het met my.U is lief vir my,U het my nie laat sterf nie,ja, U het al my sondes vergewe.

18. U het dit gedoen,want mense wat dood is,kan U nie loof en prys nie.Hulle kan nie aanhou hoopdat U sal doen wat U belowe het nie.

19. Net iemand wat lewe, kan U prys,soos ek vandag doen.’n Pa kan vir sy kinders verteldat U doen wat U belowe het.

20. Here, U red my.Ons sal in die tempel op ons liere speelso lank ons lewe.

21. Jesaja het toe gesê hulle moet ’n pleister van vye maak en hulle moet dit op die koning se seerplek sit, sodat die koning gesond kan word.

22. Hiskia het gevra hoe hy sal weet wanneer hy weer na die tempel kan gaan.