hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 25 Bybel vir Almal (ABA)

U was vir die arm mense soos ’n plek waar hulle veilig is

1. Here, U is my God,ek sal U loof en u Naam prys,want U het ’n wonderwerk gedoen,U het gedoenwat U lank gelede besluit het.U het dit besluiten U het dit gedoen.

2. Ja, U het die groot stad verwoes.Die stad wat die sterk mure gehad het,is nou ’n hoop klippe.Die sterk stad van die vyandeis nie meer ’n stad nie,niemand sal die stadweer bou nie.

3. Daardie volk wat sterk was,sal nou vir U eer,die wrede mense van daardie stadsal bang wees vir U,

4-5. want arm mensewat probleme gehad het,kon na U toe vlug.Wrede mense het ons aangeval.Hulle asem was soos ’n reën-stormin die winter,dit was soos die son wat brandin die droë woestyn.Maar U was vir die arm mensesoos ’n plek waar hulle veilig wasin die reën-storm.U was soos ’n skaduweewanneer die son hulle brand.U het die wrede vyandelaat ophou raas en juig,dit was soos wanneer ’n wolk’n skaduwee maaken die son ophou brand.

Die Here sal die trane afvee

6. Die Here wat oor alles regeer, sal op hierdie berg ’n groot fees hou.Daar sal die lekkerste kosen die oudste wyn wees,vleis met murg in die bene,en skoon wyn.

7. Die Here sal op hierdie bergdie lap stukkend skeur,die lap wat al die volketoegemaak het.

8. Hy sal die dood vir altyd wegvat,ja, die Here sal die trane afveevan al die mense se gesigte.Niemand op die hele aardesal aanhou om sy volk te spot nie.Die Here het dit gesê.

9. Daardie dag sal die mense sê:“Kyk, ons God is hier.Ons het geglo Hy sal ons red,en Hy het dit gedoen.Hy is die Here,ons glo in Hom.Ons wil juig en vrolik wees,want Hy het ons gered.

10. Ja, die hand van die Heresal hierdie berg beskerm.Maar Hy sal op die Moabiete traptotdat hulle plat isdaar waar hulle is,soos ’n mens ’n hoop kaf plat trapin water in ’n gatwaar hulle die mis weggooi.

11. Die Moabiete salmet hulle hande in die water roeisoos iemand wat wil swem.Hulle sal hulleself probeer red,maar die Here sal hulleondertoe druk.

12. Moabiete, die Here saldie sterk mure van julle stad omgooi,die mure sal op die grond valen dit sal in die stof lê.”