hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Moses se herderstok word ’n

slang

1. Maar die Here het vir Moses gesê: “Let op, Ek sal jou soos ’n god laat wees teenoor die farao. Jou broer, Aäron, sal jou boodskapdraer wees. Hy sal jou woorde aan die farao oordra.

2. Jy moet vir jou broer, Aäron, alles herhaal wat Ek vir jou sê. Hy moet dit dan weer vir die farao gaan sê. Hy sal eis dat die Israeliete uit Egipte trek.

3. Ek sal egter die farao hardkoppig maak sodat Ek nog meer tekens en wonders in Egipte kan doen.

4. Hy sal nog steeds bly weier om na julle te luister. Ek sal Egipte dan met ’n reeks rampe tref. Ek sal die stamme van Israel dan deur groot vergeldingsdade uit Egipte uitlei.

5. Wanneer Ek vir die Egiptenaars gewys het hoe magtig Ek is en hulle gedwing het om die Israeliete tussen hulle te laat uitgaan, sal hulle weet dat Ek die Here is.”

6. Moses en Aäron het presies net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het.

7. Toe hulle met die farao gaan praat het, was Moses 80 jaar oud en Aäron 83.

8. Die Here het toe vir Moses en Aäron gesê:

9. “Die farao sal van julle verwag dat julle vir hom ’n wonderteken moet doen. Jy moet dan vir Aäron sê: ‘Gooi jou herderstok voor die farao op die grond!’ Dit sal dan in ’n slang verander.”

10. Moses en Aäron het met die farao gaan praat. Hulle het net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het. Aäron het sy herderstok voor die farao en sy hofamptenare neergegooi en dit het in ’n slang verander.

11. Die farao het toe sy wyse manne en towenaars nadergeroep. Hulle het met hulle kunsies presies dieselfde ding gedoen.

12. Toe die manne hulle stokke neergooi, het dit ook in slange verander. Maar Aäron se slang het hulle slange ingesluk.

13. Die farao het egter hardkoppig gebly. Hy wou nog steeds nie na hulle luister nie. Dit was presies net soos die Here gesê het dit sou gebeur.

’n Ramp met bloed

14. Die Here sê toe vir Moses: “Die farao bly nog steeds eiesinnig en hy weier steeds dat die volk kan gaan.

15. Môre-oggend, wanneer die farao afgaan na die rivier toe, moet jy met hom gaan praat. Gaan staan langs die rivier en wag vir hom daar. Vat die herderstok wat in ’n slang verander het saam met jou.

16. Sê dan vir hom: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het my na jou toe gestuur om vir jou te sê: Laat my volk gaan om My in die woestyn te aanbid. Tot nou toe het jy geweier om na My te luister.

17. Daarom stuur die Here nou vir jou ’n boodskap waaraan jy kan weet wie Ek die Here is. Ek gaan met hierdie stok in my hand op die rivier se water slaan en dit gaan alles in bloed verander.

18. Die vis in die rivier gaan vrek en dit sal begin sleg ruik. Die Egiptenaars sal nie die water van die Nylrivier kan drink nie.’”

19. Die Here het ook nog vir Moses gesê: “Sê vir Aäron hy moet sy stok uitsteek in die rigting van al die plekke waar daar in Egipte water is – al sy riviere, sy kanale, sy moerasse en sy opgaarplekke. Oral in Egipte sal die water in bloed verander, selfs die water in houers en kruike in mense se huise.”

20. Moses en Aäron het toe presies net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het. Terwyl die farao en al sy amptenare staan en kyk, het Moses sy stok gevat en op die water van die rivier geslaan. Al die water in die rivier het toe in bloed verander.

21. Die vis in die rivier het gevrek. Die water het so sleg begin ruik dat die Egiptenaars dit nie kon drink nie. Deur die hele Egipte was daar net bloed.

22. Maar die towenaars van Egipte het hulle kunsies gebruik en kon ook water in bloed verander. Dit het gemaak dat die farao steeds nie na hulle geluister het nie. Dit was soos die Here gesê het dit sou gebeur.

23. Die farao het omgedraai en na sy paleis toe teruggegaan. Hy het hom nie verder aan die saak gesteur nie.

24. Die Egiptenaars het toe putte al langs die rivier begin grawe vir drinkwater. Hulle kon nie die water van die rivier drink nie.

25. ’n Hele week het verbygegaan vandat die Here die water in bloed verander het.