hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Aanwysings vir die altaar

1. “Maak ’n vierkantige altaar van akasiahout. Dit moet twee en ’n half meter aan elke kant wees en een en ’n half meter hoog.

2. Sit ’n horing vas op elke hoek. Alles moet ’n eenheid vorm. Trek die altaar en die horings met koper oor.

3. Die houers vir die as, die grafies, die bakke, die vleishake en die vuurpanne vir die altaar moet alles van koper gemaak word.

4. Jy moet ’n koperrooster om die altaar vassit. Sit ook ringe aan die vier hoeke van die altaar vas.

5. Sit die rooster net onder die rand van die altaar vas sodat dit tot by die helfte van die altaar gaan.

6. Om die rooster te dra moet jy drapale van akasiahout maak en hulle met koper oortrek.

7. Sit die pale deur die ringe aan die kante om dit daaraan te dra.

8. Die altaar is van plank en hol binne. Jy moet dit presies net so maak soos jy dit op die berg gesien het.”

Aanwysings vir die binnehof

9. “Maak ’n binnehof vir die tabernakel. Skort dit af met ’n gordyn van fyn linne. Aan die suidelike kant moet dit 44 meter lank wees. Die gordyn word regop gehou deur twintig regop koperpale wat op twintig voetstukke van koper staan.

10. Die gordyn hang aan hakies van silwer wat aan silwergordynpale bo-op die regop pale vas is.

11. Aan die noordekant van die binnehof is dit presies dieselfde. Daar is die gordyn ook 44 meter lank. Dit hang aan silwerhakies en pale wat op kopervoetstukke rus.

12. Die afskorting aan die westekant van die voorhof is 23 meter lank. Daar is tien koperpale op hulle voetstukke.

13. Aan die oostekant is die opening ook 23 meter lank.

14. Die ingang na die binnehof kom aan die oostekant. Aan die regterkant van die opening is daar ’n linnegordyn van sewe en ’n half meter lank wat aan drie regop pale op hulle voetstukke hang.

15. Die gordyn aan die linkerkant is ook van sewe en ’n half meter linne aan drie pale op hulle voetstukke.

16. “Vir die ingang na die binnehof moet jy ’n afskorting van tien meter maak. Dit moet van linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is. Dit moet ook geborduur wees. Dit hang aan vier regop pale op hulle voetstukke.

17. Al die regop pale van die binnehof word aan mekaar verbind met silwergordynpale waaraan daar silwerhakies is. Elke paal staan op sy voetstuk van koper.

18. Die binnehof is dus 44 meter lank en 23 meter breed. Dit word afgeskort met ’n linnegordyn wat twee en ’n half meter hoog is. Die gordyn hang aan regop pale wat van koper gemaak is.

19. “Alles wat binne-in die tabernakel gebruik word, ook die tentpenne waarmee die afskorting buite geanker word, moet van koper gemaak word.

20. “Sê vir die mense van Israel om vir jou suiwer olyfolie vir die kandelaar te bring. Dit moet sonder ophou bly brand.

21. Dit moet in die tabernakel net voor die tentafskorting staan. Aäron en sy seuns moet die lampies aan die kandelaar in die tent dwarsdeur die nag voor die Here laat brand. Dit is ’n vaste reël vir Israel. Elke geslag van Israel moet dit doen.”