hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die klein altaar

1. “Maak ook ’n klein altaar van akasiahout om wierook daarop te brand.

2. Dit moet aan die kante ’n halwe meter breed wees en ’n meter hoog. Op die hoeke moet daar horings wees wat uit dieselfde hout gemaak is om ’n eenheid te vorm.

3. Jy moet die bokant, die kante en die horings met suiwer goud oortrek. Sit ’n rand van goud reg rondom die altaar.

4. Maak draringe van goud vir die altaar. Sit dit onder die rand vas aan die teenoorstaande kante sodat die drapale waarmee die altaar gedra word daar kan deursteek.

5. Die drapale moet van akasiahout gemaak word. Trek dit ook oor met goud.

6. Sit die wierookaltaar voor die gordyn waaragter die ark van die verbond is. Dit moet reg teenoor die versoendeksel wees. Daar sal Ek jou ontmoet.

7. “Elke oggend wanneer Aäron die lampe kom uitdoof, moet hy geurige wierook op die altaar brand.

8. Ook wanneer hy die lampe teen die aand aan die brand steek, moet hy wierook daarop brand. Elke geslag moet wierook voor die Here laat brand.

9. “Julle mag nie op hierdie altaar onheilige wierook brand nie. Julle mag ook nooit offers van vleis of graanoffers of drankoffers op hierdie altaar bring nie.

10. “Een keer elke jaar moet Aäron die altaar heilig wanneer hy bloed van die versoeningsoffer aan die horings van die altaar smeer. “Elke geslag moet een keer per jaar versoening op hierdie altaar kom doen. Dit is uitsluitlik hiervoor aan die Here gewy.”

Belasting vir die tabernakel

11. Die Here het ook vir Moses gesê:

12. “Wanneer jy die Israeliete tel, moet elkeen wat getel is ’n afkoopsom vir homself aan die Here betaal. Geen ramp sal hulle dan tref wanneer jy hulle tel nie.

13. Elkeen wat getel word, moet ses gram silwer vir die Here betaal. Dit is volgens die eenheid wat by die hei-ligdom gebruik word.

14. Elkeen bo twintig jaar oud moet hierdie afkoopsom vir die Here betaal.

15. Wanneer hulle hierdie afkoopsom vir hulleself betaal, moet dié wat ryk is nie meer gee en dié wat arm is nie minder betaal nie.

16. Gebruik hierdie geld vir die diens by die tabernakel. Dit sal die Israeliete daaraan herinner dat die Here hulle lewens losgekoop het.”

Die waskom

17. Die Here het vir Moses gesê:

18. “Maak ’n koperhouer op ’n kopervoetstuk om in te was. Sit dit tussen die tabernakel en die altaar en gooi dit vol water.

19. Aäron en sy seuns moet hulle hande en voete daarin was

20. wanneer hulle in die tabernakel ingaan om voor die Here te verskyn of om ’n offer te bring. Hulle moet hulle was voordat hulle diens verrig, anders sal hulle sterf.

21. Dis ’n vaste reël vir Aäron en sy opvolgers en moet deur elke geslag nagekom word.”

Die salfolie

22. Die Here het verder vir Moses gesê:

23. “Kry die volgende bymekaar: 500 dele mirre, die helfte soveel kaneel, 250 dele kalmoes,

24. 500 dele kassie en vier liter olyfolie.

25. Meng dit met mekaar en maak daarvan heilige salfolie.

26. Gebruik dit om die tabernakel en die ark van die verbond te salf.

27. Salf daarmee ook die tafel en al sy toebehore, die kandelaar en al sy toebehore, die wierookaltaar,

28. die brandofferaltaar met sy toebehore en die waskom met sy voetstuk.

29. Dra hulle almal aan die Here op. Enigeen wat daarna daaraan raak, sal vir die Here geheilig wees.

30. “Jy moet ook Aäron en sy seuns met die olie salf en hulle aan My wy om my priesters te wees.

31. “Sê ook vir die Israeliete: ‘Hierdie olie sal altyd my heilige olie wees.

32. Dit mag nooit vir enige ander mens gebruik word nie. Julle mag ook nie daarvan vir julleself gebruik nie. Dit is heilig en moet altyd as heilig beskou word.

33. “‘Enigeen wat net so ’n mengsel maak of daarvan aan iemand sit wat nie ’n priester is nie, sal uit die gemeenskap verwyder word.’”

Die wierook

34. Die Here het verder vir Moses gesê: “Meet gelyke hoeveelhede speserye af van hars, naeltjies, galbanum en suiwer wierook.

35. Meng dit soos ’n apteker en maak daarvan suiwer en heilige wierook.

36. Maal dit tot ’n fyn poeier en strooi daarvan voor die ark van die verbond waar Ek jou ontmoet in die tent van ontmoeting. Dit is besonder heilige wierook.

37. Jy mag nooit hierdie wierook vir jouself maak nie. Dit is uitsluitlik vir die Here. Dit is vir die Here alleen.

38. Die een wat so ’n mengsel maak, sal uit die gemeenskap verwyder word.”