hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Besaleël en Oholiab

1. Die Here het ook vir Moses gesê:

2. “Ek het Besaleël, die seun van Uri en kleinseun van Gur uit die stam van Juda, gekies.

3. My Gees gee vir hom die kennis, begrip en vaardigheid om verskillende dinge te kan maak.

4. Hy kan kunstige voorwerpe uit goud, silwer en brons maak.

5. Hy kan edelstene graveer en monteer en houtsnywerk doen. Hy kan enige kunswerk maak.

6. “Ek het ook Oholiab, die seun van Agisamak uit die stam van Dan, gekies om saam met hom te werk. Ek het aan verskillende manne wat oor die kennis beskik die vaardigheid gegee om al die dinge te maak wat Ek vir jou gesê het.

7. Hulle sal die tabernakel bou, die ark van die verbond, die ark se deksel en al die gereedskap wat in die tent gebruik word.

8. Hulle sal ook die tafel maak met sy toebehore en die kandelaar met al sy toebehore en die wierookaltaar.

9. Hulle sal ook die altaar vir die brandoffer met sy toebehore maak en die waskom met sy voetstuk.

10. “Ook die spesiaal geborduurde klere wat Aäron en sy seuns dra wanneer hulle die priesterwerk doen, sal hulle maak.

11. Hulle sal ook die salfolie en die spesiale wierook maak, alles presies soos Ek vir jou gesê het.”

Voorskrifte vir die Sabbat

12. Die Here het verder ook vir Moses gesê:

13. “Jy moet vir die Israeliete sê om my Sabbatte te onderhou. Die Sabbat is ’n teken van die ewige verbond tussen My en julle. Dit herinner julle daaraan dat Ek die Here is wat julle vir My afgesonder het.

14. Hou die Sabbatdag gereeld, want dit is ’n heilige dag. Die een wat dit verontagsaam, moet beslis doodgemaak word. Iemand wat op daardie dag met sy werk aangaan, sal uit die gemeenskap verwyder word.

15. Gaan ses dae lank aan met jou gewone werk. Op die sewende dag moet jy daarmee ophou en tot rus kom. Dit is die Here se heilige rusdag. Enigeen wat op die Sabbatdag met sy werk aangaan, moet doodgemaak word.

16. “Die Israeliete moet die dag van die Sabbat onderhou.

17. Dit is tussen My en die Israeliete ’n teken wat vir altyd sal bly staan. Die Here het in ses dae die hemel en die aarde gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom.”

18. Toe die Here klaar gepraat het met Moses op Sinai, het Hy vir hom twee plat klippe gegee waarop God met sy eie vinger die bepalings van sy verbond geskryf het.