hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Water uit die rots

1. Die Israeliete is van die Sinwoestyn af weg en die Here het hulle gelei totdat hulle by Refidim uitgekom het. Daar was egter nie genoeg water vir die volk om te drink nie.

2. Die volk het met Moses gestry. Hulle het van hom geëis: “Ons wil water hê om te drink!” Maar Moses het vir hulle gesê: “Waarom stry julle met my? Waarom tart julle die Here?”

3. Hulle was egter baie dors en het weer na Moses toe gegaan en teen hom uitgevaar: “Waarom het jy ons en ons kinders en ons vee uit Egipte laat trek om hier van dors dood te gaan?”

4. Moses het toe by die Here gaan soebat: “Wat moet ek met hierdie volk maak? Hulle gaan my sonder die minste aanmoediging met klippe doodgooi.”

5. Die Here het toe vir Moses gesê: “Vat die stok waarmee jy op die Nylrivier geslaan het, gaan na die volk toe en vat ’n klomp van die oudste manne saam met jou.

6. Slaan met jou stok op die rots by Horeb. Ek staan daar en wag vir jou. Daar sal water uit die rots kom dat die volk kan drink.” Moses het toe presies net so gemaak terwyl die oudste manne staan en kyk.

7. Moses het daardie plek toe “Massa en Meriba” genoem, want die Israeliete het daar met Moses rusie gemaak. Hulle het die Here uitgetart toe hulle gevra het: “Gaan die Here ons ooit help?”

Israel veg teen die Amalekiete

8. Terwyl die Israeliete nog by Refidim was, het die soldate van Amalek hulle aangeval.

9. Moses sê toe vir Josua: “Kies vir ons manskappe dat ons teen Amalek kan gaan veg. Ek sal môre bo-op die koppie gaan staan met die stok wat God vir my gegee het in my hand.”

10. Josua het gemaak soos Moses vir hom gesê het. Hy het teen Amalek gaan veg. Intussen het Moses, Aäron en Hur teen die koppie uitgeklim.

11. Solank Moses sy hand in die lug opgehou het, was Israel aan die wenkant. Sodra hy sy hand laat sak het, het die Amalekiete die oorhand begin kry.

12. Moses se arms het naderhand begin moeg word. Aäron en Hur het hom op ’n klip gaan laat sit. Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou totdat die son ondergegaan het.

13. Josua kon toe Amalek en sy volk verpletterend verslaan.

14. Die Here het toe vir Moses gesê: “Skryf op wat vandag gebeur het sodat julle dit altyd kan onthou. Bevestig aan Josua dat Ek Amalek se naam totaal sal uitwis.”

15. Moses het toe daar ’n altaar gebou wat hy genoem het “Die Here is my vaandel”.

16. Hy het gesê:“’n Vuis is gelig teen God se troon.Die Here sal nooit ophou om teen Amalek te veg nie.”