hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Aanwysings vir die tabernakel

1. “Maak die tabernakel uit tien stukke materiaal. Daar moet blou, pers en bloedrooi draad in die materiaal ingeweef word. Daar moet ook gerubs daarop uitgeborduur word.

2. Elke stuk materiaal moet veertien meter lank wees en twee meter breed. Al tien stukke moet ewe groot wees.

3. Werk vyf stukke aan mekaar om een stel te vorm. Werk ook die vyf ander aan mekaar om ’n tweede stel te maak.

4. “Werk blou lissies aan die kant van die buitenste stuk materiaal van elke stel.

5. Elke stel moet 50 lissies hê wat presies op mekaar pas.

6. Maak 50 goue hakies om die lissies van die twee stelle aan mekaar vas te maak. Dit vorm dan ’n eenheid wat bo-oor die tent kom.

7. “Maak ook nog ’n tweede laag vir die tent. Dit moet van bokhaar wees. Daar moet elf stukke hiervan wees.

8. Elkeen moet vyftien meter lank wees en twee meter breed. Al elf moet ewe groot wees.

9. Werk vyf stukke aan mekaar om een stel te vorm. Werk die ander ses aan mekaar om ’n tweede stel te maak. Die sesde stuk word dubbel gevou. Dit kom by die ingang van die tent.

10. “Werk 50 lissies aan die kant van die buitenste stuk van elke stel.

11. Maak hiervoor 50 hakies van koper. Sit die twee stelle reg op mekaar en haak hulle aan mekaar vas om ’n eenheid te vorm.

12. Die strook materiaal wat oorskiet, moet aan die agterkant van die tabernakel oorhang.

13. Die 50 sentimeter wat weerskante in die lengte van die stroke oorskiet, moet dus weerskante van die sye van die tabernakel ’n oorhang wees om dit toe te maak.

14. “Maak ’n derde laag van gebreide ramsvel. Sit ’n laag van gebreide vel booor. Dit alles vorm die dak van die tabernakel.

15. “Die raamwerk van die tabernakel bestaan uit panele wat van akasiahout gemaak is.

16. Elke paneel is vyf meter hoog en 75 sentimeter breed.

17. Daar moet aan elke paneel twee plekke wees waar dit met penne aan die volgende paneel verbind kan word. Al die panele moet so gemaak word.

18. Maak twintig panele vir die suidelike muur van die tabernakel.

19. Dit moet op 40 voetstukke van silwer pas. Onder elke paneel moet twee voetstukke kom.

20. Aan die noordekant kom ook twintig panele.

21. Vir hulle moet daar ook 40 voetstuk-ke van silwer wees, twee onder elke paneel.

22. Aan die westekant kom ses panele.

23. Op die hoeke kom versterkte panele.

24. Hierdie hoekpanele moet versterk word om bo en onder aan die ander muur vas te kom.

25. Daar moet dus altesaam agt panele aan daardie kant van die tabernakel wees wat op sestien voetstukke van silwer staan, twee onder elke paneel.

26. “Jy moet ook dwarsbalke van akasiahout maak om die panele aan mekaar vas te hou. Daar moet vyf balke vir die noordelike muur van die tabernakel wees.

27. Vir die suidelike muur moet daar ook vyf balke wees. Net so moet daar vyf dwarsbalke vir die westelike muur wees.

28. Die middelste dwarsbalk in die middel van die panele moet van een kant na die ander loop.

29. Trek die panele met goud oor. Maak hake daaraan sodat die dwarsbalke daarin kan pas. Trek die dwarsbalke ook met goud oor.

30. “Rig die tabernakel presies so op soos Ek vir jou op die berg gesê het.

31. “Maak ’n gordyn om die tent in twee dele af te skort. Dit moet van linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is. Gerubs moet daarop uitgeborduur wees.

32. Hang die gordyn in die tabernakel aan hake bo-aan vier regop balke. Hulle moet van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek word. Hulle moet elkeen op ’n voetstuk staan wat van silwer gemaak is.

33. Nadat jy die gordyn gehang het, moet jy die ark van die verbond agter die gordyn kom neersit. Die heiligdom word met hierdie gordyn van die Allerheiligste deel van die tent afgeskort.

34. “Sit die deksel – waar versoening gedoen word – op die ark daar in die Allerheiligste deel.

35. Sit die tafel en die kandelaar reg teenoor mekaar in die Heilige deel voor die gordyn. Die kandelaar kom teen die suidelike muur. Die tafel kom oorkant by die noordelike muur.

36. “Maak ’n gordyn van linne vir die ingang van die tent. Daar moet blou, pers en bloedrooi draad ingeweef word, met borduurwerk versier.

37. Hang dit aan goue hake aan vyf regop balke. Die balke moet van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek word. Dit kom op vyf voetstukke wat van koper gemaak is.”