hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 5 Bybel vir Almal (ABA)

U moet my lei en vir my leer wat reg is

1. Vir die leier van die koor: Met fluitmusiek. ’n Psalm van Dawid.

2. Here, U moet luister na wat ek sê,U moet hoor hoe ek kla en sug.

3. My Koning en my God,U moet hoor wanneer ek vra dat U my moet help,want dit is tot U wat ek bid.

4. Here, wanneer ek in die oggend bid,dan sal U hoor.Ek kom staan voor U in die oggenden ek wag dat U my moet help,

5. want U is ’n Godwat nie hou van verkeerde dinge nie.Slegte dinge gebeur nie by U nie.

6. Hoogmoedige mense kan nie naby U kom nie,U haat almal wat slegte dinge doen.

7. U laat die mense sterf wat leuens vertel,U haat mense wat ander mensevermoor of bedrieg.

8. Maar ek mag in u tempel kom,want U is baie genadig.Ek sal by u gewyde tempel laag voor U buigom U te eer.

9. Here, ek het vyande.Daarom vra ek dat U my moet leien vir my moet leer wat reg is,U moet vir my wys hoe ek moet lewe.

10. Ek vra dit, want hierdie mensepraat nie die waarheid nie.Hulle dink net oor hoe hulle my kan laat sterf,hulle sê verkeerde dinge oor my,hulle wil my in my graf bring.En wanneer hulle mooi dinge sê,dan is hulle vals.

11. O God, U moet hulle straf.Die planne wat hulle maak, moet hulle self laat sterf.U moet hulle wegjaag na al die kante toe,want hulle doen baie sonde,hulle is opstandig teen U.

12. Maar U moet die mense bly maak,die mense wat vra dat U hulle moet beskerm,U moet hulle altyd laat juig en U moet hulle beskerm.U moet die mense vrolik laat wees,die mense wat lief is vir u Naam.

13. Ja, Here, U seën mense wat reg lewe,U is goed, U beskerm hulle soos ’n skild.