hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 147 Bybel vir Almal (ABA)

Dit is goed om vir ons God te sing

1. Julle moet die Here prys!Want dit is goed om vir ons God te sing,ja, dit is lekker en dit is reg om Hom te prys.

2. Dit is die Here wat Jerusalem weer bou,dit is Hy wat die mense bymekaarbringwat gevangenes is in ander lande.

3. Dit is Hy wat mense gesond maak,mense wat baie moedeloos is,dit is Hy wat hulle seerplekke toedraai.

4. Dit is Hy wat besluithoeveel sterre daar moet wees,en Hy ken elke ster se naam.

5. Ons Here is groot en baie sterk,’n mens kan nie sy wysheid meet nie.

6. Dit is die Here wat mense optel,die mense wat hulleself nie kan help nie,dit is Hy wat mense op die grond gooi,die mense wat verkeerd lewe.

7. Julle moet sing en vir die Here dankie sê,julle moet vir ons God musiek maak op die lier.

8. Dit is Hy wat die lug met wolke toemaak,Hy wat die reën vir die aarde gereedmaak,Hy wat die gras op die berge laat groei.

9. Dit is Hy wat vir die diere hulle kos gee,en ook vir die kraaie se kuikenswanneer hulle skree.

10. Sterk perde of vinnige manneis nie belangrik vir die Here nie,

11. maar Hy hou van mense wat Hom dien,mense wat glo dat Hy sal doenwat Hy belowe het.

12. Mense van Jerusalem,julle moet die Here prys,mense van Sion, julle moet julle God prys,

13. want Hy maak die sluitbalkevan julle poorte sterk,Hy seën julle wat in die stad woon.

14. Dit is Hy wat dit goed laat gaan in julle landen wat vir julle die beste koring gee om te eet,meer as genoeg.

15. Dit is Hy wat ’n boodskap na die aarde stuur,en sy boodskap kom vinnig daar.

16. Dit is Hy wat die sneeu gee, wit soos wol,Hy laat die ryp soos as op die grond lê.

17. Dit is Hy wat die hael laat val,fyn soos krummels.Niemand kan die koue keer wat Hy stuur nie.

18. Wanneer Hy dit sê,dan smelt die hael en die sneeu,wanneer Hy die wind laat waai,dan vloei die water.

19. Dit is Hy wat vir Jakob sy boodskap stuur,dit is Hy wat vir die mense van Israel sêwat sy wette en besluite is.

20. Hy het dit nie vir ’n ander volk gedoen nie,hulle weet nie wat Hy besluit nie.Julle moet die Here prys!