hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119 Bybel vir Almal (ABA)

Dit gaan goed met mense wat doen wat die Here sê

1. Dit gaan goed met die mense wat heeltemal reg lewe,die mense wat lewe soos die Here vir hulle geleer het.

2. Dit gaan goed met mense wat doen wat die Here sêen wat met hulle hele hart naby Hom wil wees.

3. Hulle is ook mense wat nie verkeerde dinge doen nieen wat lewe soos die Here wil hê.

4. U het self vir ons gesê wat ons moet doen,en ons moet dit presies so doen.

5. Ek bid dat ek sal aanhou om te lewe soos u wette sê.

6. Wanneer ek gehoorsaam is aan al u gebooie,dan sal ek altyd weet wat om te doen.

7. Wat U besluit, is altyd reg.Wanneer ek dit geleer het,dan sal ek vir U dankie sê met my hele hart.

8. Ek sal doen wat u wette sê,U moet my nie heeltemal alleen los nie.

9. Wat moet jongmense doensodat hulle kan weet hoe hulle moet lewe?Hulle moet doen wat U sê.

10. Ek wil naby U wees met my hele hart,U moet keer dat ek nieongehoorsaam is aan u gebooie nie.

11. Ek dink altyd aan wat U gesê het,dit keer my dat ek nie sonde doen teen U nie.

12. Here, ek prys U,U moet vir my leer wat u wette sê.

13. Ek wil vir die mense alles sê wat U besluit het.

14. Dit maak my bly om te lewe soos U sê,so bly soos wanneer ’n mens alles het wat hy nodig het.

15. Ek sal dink aan wat U beveel het,ek sal goed luister na wat U wil hê.

16. Ek sal altyd bly wees oor u wette,ek sal nie vergeet wat U gesê het nie.

17. As U goed is vir my, u dienaar,dan sal ek lewe en ek sal doen wat U gesê het.

18. U moet my oë oopmaak,sodat ek kan sien hoe wonderlikdie dinge is wat U vir ons leer.

19. Ek sal nie lank hier op die aarde wees nie,U moet vir my leer wat u gebooie sê.

20. My hart is seer, want ek verlang altydom te hoor wat U besluit het.

21. U praat kwaai met die hoogmoedige mense,U het hulle vervloek.Hulle is die mense wat nie wil doenwat u gebooie sê nie.

22. U moet keerdat mense my nie spot en verneder nie,want ek doen wat U sê.

23. Ook wanneer belangrike mensesaam planne maak teen my,dan sal ek, u dienaar, altyd aan u wette dink.

24. Wat U sê, maak my bly,dit sê vir my wat ek moet doen.

25. Wanneer dit sleg gaan met my,dan moet U my laat aanhou lewe, soos U gesê het.

26. Toe ek vir U vertel het van my lewe,toe het U my geantwoord.U moet vir my leer wat u wette sê.

27. U moet my help om te verstaan wat U beveel,sodat ek oor u wonderwerke kan dink.

28. Ek smelt weg van die pyn,U moet my regop hou, soos U gesê het.

29. U moet keer dat ek nie vals lewe nie,U moet genadig wees vir my en vir my leer.

30. Ek het gekies om eerlik te lewe,ek het onthou wat U besluit het.

31. Here, ek hou vas aan wat U sê,U moet my help om te weet wat ek moet doen.

32. Ek wil graag lewe soos u gebooie sê,want U sal my help om dit te verstaan.

33. U moet vir my leer wat u wette beteken,sodat ek altyd kan doen wat die wette sê.

34. U moet my help om te verstaan,sodat ek kan doen wat U vir my leeren sodat ek daaraan gehoorsaam kan weesmet my hele hart.

35. U moet my laat lewe soos u gebooie sê,want dit is vir my lekker.

36. U moet my helpsodat ek graag sal wil doen wat U sêen nie sal kies om ryk te word nie.

37. U moet my help sodat ek nie dinge wil hêwat niks beteken nie,U moet my laat lewe soos U wil hê.

38. U moet vir my doen wat U belowe het,vir my, u dienaar,want U het dit belowe vir mense wat vir U dien.

39. U moet keer dat mense my nie spot nie,ek is bang daarvoor, want wat U besluit, is goed.

40. U moet dit weet, ek wil graag hoor wat U beveel,U sal reg doen en my laat aanhou lewe.

41. Here, U moet vir my doen wat U belowe het,U moet my red, U het dit belowe.

42. Dan sal ek die mense kan antwoord wat my spot,want ek glo dat U sal doen wat U gesê het.

43. En U moet my help om altyd die waarheid te praat,want ek glo dat U sal doen wat U besluit het.

44. En ek sal aanhou doen wat U vir my leer,altyd en altyd.

45. En ek sal lewe soos ’n vry mens,want ek het probeer doen wat U beveel het.

46. En ek sal vir konings vertel wat U sê,ek sal weet wat om te sê.

47. Ek sal aanhou bly wees oor u gebooie,ek is lief vir hulle.

48. Ek respekteer u gebooie, ek is lief vir hulle,ek sal aanhou dink oor u wette.

49. U moenie vergeet wat U vir my gesê het nie,vir my, u dienaar.Dit het my laat hoop dat U my sal help.

50. Toe dit sleg gegaan het met my,het u woorde dinge verander vir my,want die dinge wat U belowe het, het my laat aanhou lewe.

51. Toe hoogmoedige mense my baie gespot het,het ek nie opgehou om te doen wat U vir my geleer het nie.

52. Here, wanneer ek dink aan wat U lank gelede besluit het,dan voel ek beter.

53. Die mense wat verkeerd doen, maak my kwaad,dit is húlle wat nie doen wat U vir ons geleer het nie.

54. Ek sal sing oor u wette,so lank soos ek op hierdie aarde lewe.

55. Here, ek dink ook in die nag aan u Naam,en ek doen wat U vir ons geleer het.

56. Dit het met my gebeuromdat ek doen wat U beveel het.

57. Here, ek het net vir U,ek het belowe dat ek sal doen wat U gesê het.

58. Ek soebat en vra vir U met my hele hart,U moet genadig wees vir my, soos U belowe het.

59. Wanneer ek dink aan hoe ek lewe,dan dink ek altyd weer aan wat U gesê het.

60. Ek is haastig, ek wag nie,ek wil gehoorsaam wees aan u gebooie.

61. Wanneer mense wat verkeerd doen,vir my in hulle vangnet wil vang,dan vergeet ek nie wat U vir ons geleer het nie.

62. Ek staan in die middel van die nag opom vir U dankie te sê, want alles wat U besluit het, is reg.

63. Ek is ’n vriend van al die mense wat vir U dienen wat doen wat U beveel.

64. Here, U doen wat U belowe het,oral op die aarde,U moet vir my leer wat u wette sê.

65. Here, U het goed gedoen aan my, u dienaar,dit is soos U gesê het.

66. U moet vir my leer om te weetwat is reg en wat is verkeerd,want ek glo dat u gebooie reg is.

67. Voordat dit met my so sleg gegaan het,het ek verkeerd gelewe,maar nou doen ek wat U sê.

68. U is goed en U doen goed,U moet vir my leer wat u wette sê.

69. Hoogmoedige mense liegen hulle praat sleg van my,maar ek doen wat U beveelmet my hele hart.

70. Hulle wil nie verstaan wat U vir ons sê nie,maar ek geniet wat U vir ons leer.

71. Dit was vir my goed dat U my laat swaarkry het,want so het ek geleer wat u wette sê.

72. Die dinge wat U vir my leer, is beteras duisende stukke goud en silwer.

73. Ú het my gemaak en Ú het my laat lewe,U moet vir my leer sodat ek u gebooie kan ken.

74. Die mense wat vir U dien, sal na my kyken hulle sal bly wees,want hulle sal sien ek glodat U sal doen wat U gesê het.

75. Here, ek weet dat U reg besluit,en dat U my laat swaarkry hetomdat U gesê het U sal dit doen.

76. U moet doen wat U belowe het,dit sal dinge beter maak vir my.U het dit vir my gesê, vir my, u dienaar.

77. U moet jammer wees vir my sodat ek kan lewe,want ek geniet wat U vir my leer.

78. U moet die hoogmoedige mense laat verloor,want hulle het vir my gelieg en hulle het my verlei.Ék wil dink aan wat U beveel het.

79. U moet die mense wat vir U dien,na my toe laat kom,sodat hulle kan leer wat U gesê het.

80. Ek wil heeltemal gehoorsaam wees aan u wette,sodat niemand my kan verneder nie.

81. Ek wag en verlang daarna dat U my sal red,ek is seker dat U sal doen wat U gesê het.

82. My oë is moeg, want ek hou aan om te kykwanneer U dit weer goed sal laat gaan met mysoos U belowe het.

83. Ja, ek het geword soos ’n velsakwat in die rook hang,maar ek vergeet nie u wette nie.

84. Ek is u dienaar.Hoe lank sal ek nog lewe?Wanneer straf U die mensewat my volg en jaag?

85. Die hoogmoedige mense het gate gegrawesodat ek daarin moet val,húlle is die mense wat nie doenwat U vir ons geleer het nie.

86. Al u gebooie staan vas, dit verander nooit.Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar mense volg my en jaag my.U moet my help.

87. Ek het gedoen wat U beveel het,maar hulle het my amper doodgemaak.

88. U moet my laat aanhou lewe, soos U belowe het,sodat ek kan doen wat U sê.

89. Here, die dinge wat U vir ons gesê het,is altyd waar,dit staan vas in die hemel, dit verander nooit.

90. U bly dieselfde vir elke geslag.U het die aarde gesit waar dit is,en dit is nog altyd daar.

91. Alles is vandag nog daar, soos U besluit het,want almal doen wat U sê.

92. Ek het geniet wat U vir ons leer.As dit nie so was nie,dan het ek gesterf, want ek kry swaar.

93. Ek sal nooit vergeet wat U beveel het nie,want U het my so laat lewe.

94. Ek behoort aan U, en U moet my red,want ek probeer om te doen wat U beveel.

95. Die mense wat verkeerd doen,is gereed om my dood te maak,maar ek dink net aan wat U gesê het.

96. Ek het gesien dat niks vir altyd aanhou nie,alles het ’n einde,maar u gebooie is oral en altyd daar.

97. Ek is baie lief vir die dinge wat U vir my leer,ek dink die hele dag daaroor.

98. U gebooie gee vir my wysheid,meer wysheid as wat my vyande het,want ek onthou altyd u gebooie.

99. Ek is verstandiger as almalwat vir my geleer het,want ek dink aan wat U gesê het.

100. Ek is slimmer as mense wat ouer is as ek,want ek doen wat U beveel het.

101. Ek doen niks wat verkeerd is nie,ek wil doen wat U gesê het.

102. Ek hou aan om te doen wat U besluit,want U self leer vir my.

103. Dit is lekker om te praat oor die dingewat U belowe het,dit is lekkerder as heuning.

104. Ek verstaan wat U beveel het,daarom haat ek alles wat vals is.

105. Die dinge wat U vir ons gesê het,is vir my soos ’n lampwanneer ek in die donker loop,dit wys vir my hoe ek moet lewe.

106. Ek het belowe, en ek sal dit doen:Ek sal doen wat U besluit, want U besluit reg.

107. Dit gaan baie baie sleg met my,U moet my laat aanhou lewe, soos U gesê het.

108. Here, die dinge wat ek vir U sê,is offers wat ek graag vir U bring.U moet dit asseblief aanvaar en U moet vir my leerom te verstaan wat U besluit.

109. Daar is altyd mense wat my wil doodmaak,maar ek vergeet nie wat U vir ons geleer het nie.

110. Die mense wat verkeerd doen, wil my vangsoos ’n mens voëls vang in ’n vangnet,maar ek hou aan om te doen wat U beveel.

111. Ek wil altyd onthou wat U sê,want dit maak my baie bly.

112. Ek het besluit om altyd te doenwat u wette sê, so lank soos ek lewe.

113. Ek hou nie van mense wat skynheilig is nie,maar ek is lief vir wat U vir ons geleer het.

114. By U is ek veilig, U beskerm my,ek weet U sal doen wat U gesê het.

115. Slegte mense moenie naby my kom nie,sodat ek kan doen wat die gebooievan my God sê.

116. U moet my regop hou, soos U belowe het,dan sal ek aanhou lewe,U moet my help, sodat ek kan aanhou hoop.

117. Wanneer U my regop hou, dan is ek veiligen dan kyk ek altyd wat u wette sê.

118. U hou nie van mense wat ongehoorsaam isaan u wette nie,want hulle is vals, hulle wil mense bedrieg.

119. U los al die mensewat verkeerd doen, hulle is soos skuimwat niks beteken nie.Daarom is ek lief vir wat U sê.

120. Ek is bang vir U, ek bewe,ek is bang vir wat U besluit.

121. Ek het reg gedoen aan menseen ek het gelewe soos U wil hê.U moenie vir my los sodat mense my verdruk nie.

122. U moet vir my, u dienaar, belowedat U dit goed sal laat gaan met my.U moenie dat hoogmoedige mense my verdruk nie.

123. My oë is moeg, want ek hou aan om te kykwanneer U my sal red.Ek hou aan om te luister na wat U sê,want wat U sê, is reg.

124. U moet vir my, u dienaar, doen wat U belowe het,U moet vir my leer wat u wette sê.

125. Ek is u dienaar, U moet my verstandig maaksodat ek kan verstaan wat U sê.

126. Here, U moet nou iets doen aan die mensewat nie doen wat U vir ons geleer het nie.

127. Waarlik, ek is meer lief vir u gebooieas vir goud, ja, goeie goud.

128. Waarlik, ek probeer altyd om alles te doen wat U beveel,ek hou nie van iets wat vals is nie.

129. Wat U sê, is wonderlik,daarom doen ek wat U sê.

130. Wanneer mense verstaan wat U gesê het,dan is dit vir hulle soos ’n lig,dit wys vir jongmense wat hulle moet doen.

131. Ek is honger vir u gebooie,so honger soos ’n dier wat sy bek wyd oopmaakomdat hy honger is.

132. U moet luister en genadig wees vir my,soos U altyd doen vir die mensewat lief is vir u Naam.

133. U moet my help, sodat ek kan aanhouom te lewe soos U sê.U moenie dat sonde oor my regeer nie,nie een sonde nie.

134. U moet keer, mense moenie vir my verdruk nie,dan sal ek kan doen wat U beveel.

135. U moet naby my wees,naby my, u dienaar,en U moet vir my leer wat u wette sê.

136. My trane loop soos strome wateromdat mense nie doen wat U vir ons geleer het nie.

137. Here, U doen reg, U besluit reg.

138. Alles wat U gesê het, is reg,mense kan dit altyd glo.

139. Ek word baie kwaad wanneer my vyandevergeet wat U gesê het.

140. Die dinge wat U sê, is baie waar.Ek, u dienaar, is lief vir wat U sê.

141. Ek is klein en onbelangrikmaar ek het nie vergeet wat U beveel het nie.

142. U doen reg en U sal altyd reg doen,die dinge wat U vir ons geleer het,bly dieselfde.

143. Toe ek swaargekry heten toe dit sleg gegaan het met my,was dit vir my lekker om u gebooie te hou.

144. Wat U sê, is altyd reg,U moet my help om dit te verstaan,sodat ek kan aanhou lewe.

145. Here, ek roep en ek vradat U my moet help,ek vra dit met my hele hart.U moet my antwoord,ek wil doen wat u wette sê.

146. Ek roep en ek vradat U my moet red,sodat ek kan doen wat U sê.

147. Ek staan op voordat die son opkomen ek vra dat U my moet help,ek weet U sal doen wat U gesê het.

148. Ek bly die hele nag wakker,sodat ek kan dink aan wat U belowe het.

149. Here, U doen wat U belowe heten wat U besluit het.U moet luister na wat ek vra,U moet my laat aanhou lewe.

150. Die mense is naby wat my volg en jaagom my seer te maak,maar hulle is ver van wat U vir ons geleer het.

151. Here, U is naby en u gebooie verander nie.

152. Ek weet van die begin af wat U gesê het,want u woorde bly altyd waar.

153. U moet kyk hoe sleg dit met my gaanen U moet my red,want ek het nie vergeet wat U vir ons geleer het nie.

154. U moet my help wanneer mense my beskuldig,U moet my vrymaak, soos U belowe het,U moet my laat aanhou lewe.

155. U sal nie die mense red wat verkeerd lewe nie,want hulle probeer nie om te doen wat u wette sê nie.

156. Here, U is baie genadig, U het so besluit,U moet my laat aanhou lewe.

157. Daar is baie vyande wat my volg en jaag,maar ek hou aan om te doen wat U sê.

158. Wanneer ek sien hoe ontrou mense is,dan wil ek naar word.Hulle is mense wat nie doen wat U sê nie.

159. Here, U moet kykhoe lief is ek vir wat U beveel,U moet my laat aanhou lewe,soos U belowe het.

160. Alles wat U gesê het, bly dieselfde,alles wat U besluit, is altyd reg.

161. Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar belangrike mense volg my en jaag my.Ek is nie bang vir hulle nie,ek is bang vir wat U gesê het.

162. Ek is so bly oor wat U belowe het,so bly soos wanneer ek baie goed krywat ek vir my kan vat.

163. Ek haat dit wanneer mense vals is,ek hou niks daarvan nie.Ek is lief vir wat U vir ons geleer het.

164. Ek prys U sewe maal elke dagomdat alles wat U besluit, reg is.

165. Dit gaan baie goed met mensewat lief is vir wat U vir ons geleer het.Daar gebeur niks wat sleg is met hulle nie.

166. Here, ek weet U sal my reden ek doen wat u gebooie sê.

167. Ek hou aan om te doen wat U sê,ek is baie lief daarvoor.

168. Ek hou aan om te doen wat U beveelen wat U sê,want U sien altyd hoe ek lewe.

169. Here, U moet hoor wat ek bid,U moet my help om te verstaan wat U sê.

170. U moet luister wanneer ek tot U bid,U moet my red, soos U belowe het.

171. Ek sal aanhou om U te prys,want U leer vir my u wette.

172. Ek sal sing oor wat U belowe het,want al u gebooie is reg.

173. U moet my help,want ek het gekies om te doen wat U beveel het.

174. Here, ek verlang daarna dat U my moet red,ek geniet wat U vir ons geleer het.

175. U moet my laat aanhou lewe,sodat ek U kan prys.Die dinge wat U besluit het, moet my help.

176. Ek het verdwaal soos ’n skaap wat weggeraak het,U moet my soek, vir my, u dienaar,want ek het nie u gebooie vergeet nie.