1. ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan.Dit was vir ons soos ’n droomtoe die Here dit beter laat gaan het met Sion.
2. Toe het ons gelag en gesing,toe het ander mense gesê:“Die Here het groot dinge gedoenvir hierdie mense.”
3. Die Here hét groot dinge gedoenvir ons, en ons was bly.
4. Here, U moet dit weer beter laat gaan met ons.Dit moet wees soos wanneer daar weer water vloeiin die droë slote in die Suid-land.
5. Mense wat huil wanneer hulle koring saai,sal sing wanneer hulle die koring afsny.
6. Iemand wat loop en huil terwyl hy die saadsak dra,sal loop en sing wanneer hy die gerwe drawat hy afgesny het.