hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe Noag die ark klaar gemaak het, het die Here vir hom gesê: “Jy en jou hele huisgesin moet in die ark ingaan. Jy is die enigste man op die aarde wat reg lewe.

2. Jy moet sewe mannetjies en sewe wyfies van elke soort rein dier neem, en een mannetjie en een wyfie van elke soort onrein dier.

3. Jy moet ook sewe mannetjies en sewe wyfies van elke soort voël saamneem, sodat hulle kan aanhou lewe op die aarde.

4. Jy moet dit doen, want oor sewe dae sal Ek dit laat reën op die aarde. Dit sal 40 dae en 40 nagte aanmekaar reën. Ek sal alles wat lewe, alles wat Ek gemaak het, doodmaak en wegvee van die aarde af.”

5. Noag het alles gedoen wat die Here vir hom gesê het.

6. Noag was 600 jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.

7. Noag het in die ark ingegaan voordat die watervloed gekom het. Sy seuns en sy vrou en sy skoondogters het saam met hom in die ark ingegaan.

Die watervloed begin

8. Al die rein diere, al die onrein diere, al die voëls en al die diere wat kruip, het na Noag toe gekom.

9. Hulle het twee-twee na Noag toe in die ark gekom, ’n mannetjie en ’n wyfie, soos God vir Noag gesê het.

10. Sewe dae daarna het dit begin reën, en die watervloed het oor die aarde gestroom.

11. Noag was 600 jaar oud en dit was die sewentiende dag van die tweede maand van die jaar. Die fonteine onder die grond het oopgegaan en die water het uitgekom. God het ook die water wat bokant die ronde dak is, op die aarde laat val.

12. Die reën het 40 dae en 40 nagte lank op die aarde geval.

13. Dit het begin reën dieselfde dag toe Noag in die ark ingegaan het saam met sy seuns Sem, Gam en Jafet, en ook sy vrou en sy drie skoondogters.

14. Hulle was saam met al die wilde diere, al die mak diere, al die diere wat kruip en al die voëls.

15. Al die diere het twee-twee na Noag toe in die ark gekom.

16. ’n Mannetjie en ’n wyfie van elke soort dier het gekom, soos God vir Noag gesê het. Daarna het die Here die ark se deur agter hulle toegesluit.

17. Dit het 40 dae aanmekaar gereën, en die water het oor die aarde gestroom. Die water het meer en meer geword. Die water het die ark opgelig.

18. Die water het baie diep geword en die ark het bo-op gedryf.

19. Die water was bo-oor die hele aarde en oor al die hoë berge.

20. Dit het nog hoër geword en dit was later 15 el hoër as die berge.

21. Alles wat op die aarde lewe, het verdrink – al die diere wat kruip, al die voëls, die mak diere, die wilde diere en ook al die mense.

22. Alles wat asemhaal, het verdrink.

23. God het alles doodgemaak wat op die aarde gelewe het. Al die mense, al die diere en al die voëls het verdrink. Net Noag en almal wat by hom in die ark was, het oorgebly.

24. Die water was 150 dae lank oor die aarde.