hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 11 Bybel vir Almal (ABA)

Die toring van Babel

1. Al die mense op die aarde het dieselfde taal gepraat en dieselfde woorde gebruik.

2. Die mense het van die ooste getrek en by ’n vallei in die land Babel gekom. Hulle het daar gaan woon.

3. Hulle het vir mekaar gesê: “Kom ons maak bakstene.”Hulle het toe die stene gebruik om huise te bou. Hulle het stene gebruik, nie klippe nie, en hulle het teer gebruik, nie klei nie.

4. Hulle sê toe: “Kom ons bou vir ons ’n stad en ’n baie hoë toring. Die punt van die toring moet aan die hemel raak. Dan sal al die mense weet van ons. Kom ons doen dit, dan sal ons nie oral op die aarde moet gaan woon nie.”

5. Die Here het afgekom om te kom kyk na die stad en die toring wat die mense bou.

6. Die Here sê toe: “Kyk, hierdie mense is nou een volk en hulle praat almal dieselfde taal. En hulle het nou net begin. Hierna sal hulle alles regkry wat hulle wil doen.

7. Kom Ons gaan af daarnatoe en maak hulle taal deurmekaar, sodat hulle mekaar nie kan verstaan nie.”

8. Die Here het die mense oral op die aarde laat woon, van die stad af en verder. Hulle het opgehou om die stad te bou.

9. Daarom het hulle die stad Babel genoem, want daar het die Here die mense se taal deurmekaar gemaak en van daardie plek het Hy die mense laat gaan om oral op die aarde te woon.

Sem se nageslag

10. Hier is die lys van Sem se nageslag. Sem was 100 jaar oud toe hy pa geword het van Arpaksad. Dit was twee jaar ná die watervloed.

11. Nadat Arpaksad gebore is, het Sem nog 500 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

12. Toe Arpaksad 35 jaar oud was, het hy pa geword van Selag.

13. Daarna het Arpaksad nog 403 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

14. Toe Selag 30 jaar oud was, het hy pa geword van Heber.

15. Daarna het Selag nog 403 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

16. Toe Heber 34 jaar oud was, het hy pa geword van Peleg.

17. Daarna het Heber nog 430 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

18. Toe Peleg 30 jaar oud was, het hy pa geword van Reü.

19. Daarna het Peleg nog 209 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

20. Toe Reü 32 jaar oud was, het hy pa geword van Serug.

21. Daarna het Reü nog 207 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

22. Toe Serug 30 jaar oud was, het hy pa geword van Nahor.

23. Daarna het Serug nog 200 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

24. Toe Nahor 29 jaar oud was, het hy pa geword van Tera.

25. Daarna het Nahor nog 119 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

26. Toe Tera 70 jaar oud was, was hy die pa van Abram, Nahor en Haran.

Tera se nageslag

27. Hier is die verhaal van Tera.Tera was die pa van Abram, Nahor en Haran. Haran was die pa van Lot.

28. Haran het gesterf in die land waar hy gebore is, in Ur in die land van die Galdeërs. Sy pa Tera het toe nog gelewe.

29. Abram en Nahor het altwee getrou. Abram se vrou was Sarai, en Nahor se vrou was Milka. Milka was Haran se dogter. Haran se ander dogter was Jiska.

30. Sarai het nie ’n kind gehad nie, sy kon nie kinders kry nie.

31. Tera het uit Ur in Galdeër-land weggegaan na die land Kanaän. Hy het sy seun Abram, sy kleinseun Lot en sy skoondogter Sarai saamgeneem met hom. Lot was Haran se seun, en Sarai was Abram se vrou. Hulle het tot by Haran getrek en daar gaan woon.

32. Tera het gesterf in Haran. Hy was toe 205 jaar oud.