hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 12 Bybel vir Almal (ABA)

Abram kom na die land Kanaän

1. Die Here het vir Abram gesê: “Jy moet uit jou land gaan, weg van jou familie en van jou pa se huisgesin. Ek sal jou wys na watter land jy moet gaan.

2. “Ek sal jou seën,en jou nageslagsal ’n groot volk word.Ek sal jou naam belangrik maak,en mense sal jou naam gebruikom ander mense te seën.

3. As iemand jou seën,dan sal Ek hom ook seën,en as iemand jou vervloek,dan sal Ek hom ook vervloek.Al die mense van die aardesal jou naam gebruikom te bid dat Ek hullemoet seën soos Ek jougeseën het.”

4. Abram het toe weggegaan soos die Here vir hom gesê het. Lot het saam met hom gegaan. Abram was 75 jaar oud toe hy uit Haran weggegaan het.

5. Abram het sy vrou Sarai, sy broer se seun Lot en al hulle goed saamgeneem. Hy het ook al die slawe geneem wat hulle in Haran gehad het. Hulle het weggegaan na die land Kanaän. Toe hulle in Kanaän kom,

6. het Abram deur die land getrek tot by die gewyde plek van Sigem, dit is die boom van die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie. In daardie tyd het die Kanaäniete in die land gewoon.

7. Die Here het aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek gee hierdie land vir jou nageslag.”Abram het daar ’n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.

8. Abram het van daar verder getrek na die berg oos van die stad Bet-El, en hy het sy tente daar opgeslaan. Bet-El was wes van hulle, en die stad Ai was oos. Abram het daar ’n altaar vir die Here gebou. Hy het die Here aanbid.

9. Later het Abram verder getrek na die Suid-land toe.

Abram in Egipte

10. In daardie tyd was daar hongersnood in die land. Abram het na Egipte gegaan om daar te gaan woon, want daar was baie min kos in sy eie land.

11. Toe hy naby Egipte kom, het hy vir sy vrou Sarai gesê: “Ek weet jy is ’n mooi vrou.

12. Wanneer die mense van Egipte jou sien, dan sal hulle sê: ‘Dit is Abram se vrou.’ Dan sal hulle my doodmaak, maar vir jou sal hulle laat lewe.

13. Jy moet vir hulle sê jy is my suster. Dan sal hulle my nie doodmaak omdat hulle jou wil hê nie. Hulle sal dink ek is jou broer en hulle sal goed wees vir my. So sal jy help om my lewe te red.”

14. Toe Abram in Egipte kom, het die mense van Egipte gesien Sarai is baie mooi.

15. Die farao se amptenare het haar gesien, en hulle het vir die farao gaan vertel van die mooi vrou. Hulle het haar gaan haal en sy moes in die farao se paleis gaan bly.

16. Die farao was goed vir Abram omdat hy gedink het Sarai is sy suster. Hy het vir Abram skape, bokke, beeste, donkies, slawe, slavinne, donkie-merries en kamele gegee.

17. Maar die Here het die farao en sy huisgesin swaar gestraf omdat hy Abram se vrou Sarai gevat het.

18. Die farao roep toe vir Abram en vra vir hom: “Hoekom het jy dit aan my gedoen? Hoekom het jy nie vir my gesê Sarai is jou vrou nie?

19. Hoekom het jy gesê sy is jou suster, want toe het ek met haar getrou. Hier is jou vrou nou. Neem haar en gaan weg!”

20. Die farao het toe vir sy amptenare gesê hulle moet Abram en sy vrou en al sy goed uit die land stuur.