hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 20 Bybel vir Almal (ABA)

Abraham en Abimelek

1. Abraham het van Mamre weggegaan na die Suid-land. Hy het gaan woon in die stad Gerar, tussen Kades en Sur. Die mense van die land het hom toegelaat om daar te woon.

2. Abraham het vir daardie mense gesê Sara is sy suster. Koning Abimelek van Gerar het toe sy manne gestuur, en hulle het vir Sara gaan haal.

3. Abimelek het daardie nag gedroom dat God na hom toe kom en vir hom sê: “Jy sal sterf omdat jy hierdie vrou gevat het, sy is ’n getroude vrou.”

4. Abimelek het nog nie by Sara geslaap nie, en hy het gevra: “Here, sal U onskuldige mense doodmaak?

5. Abraham het vir my gesê Sara is sy suster, en sy, Sara, het ook gesê Abraham is haar broer. Ek het nie slegte planne in my hart gehad toe ek haar gevat het nie. Ek is onskuldig.”

6. Abimelek het gedroom dat God vir hom sê: “Ek weet ook jy het nie slegte planne in jou hart gehad nie. Ek het jou gekeer, en jy het nie sonde gedoen teen My nie. Ek het jou nie toegelaat om aan Sara te raak nie.

7. Gee nou Abraham se vrou terug. Hy is ’n profeet en hy sal vir jou bid dat jy kan lewe. As jy haar nie teruggee nie, dan sal jy sterf, jy en almal wat by jou is. Dit is seker.”

8. Vroeg die volgende oggend het Abimelek al sy manne geroep en hy het vir hulle alles vertel wat God vir hom gesê het. Die manne het baie bang geword.

9. Koning Abimelek roep toe vir Abraham en vra vir hom: “Wat het jy aan ons gedoen en wat het ek verkeerd gedoen teen jou? Hoekom het jy my en my land se mense hierdie groot sonde laat doen? ’n Mens moenie dit met ander mense doen nie.”

10. Abimelek het ook vir Abraham gevra: “Wat het jy gedink? Hoekom het jy hierdie slegte ding gedoen?”

11. Toe antwoord Abraham: “Ek het gedink niemand in hierdie plek dien God nie, ek het gedink hulle sal my doodmaak om my vrou te kry.

12. En ook, sy is regtig my suster. Sy is my pa se dogter, maar sy is nie my ma se dogter nie. Maar sy is ook my vrou.

13. Toe God vir my gesê het ek moet weggaan, weg van my familie, het ek vir haar gevra: ‘Help my asseblief. Jy moet sê ek is jou broer. Jy moet dit doen op elke plek waar ons kom.’ ”

14. Abimelek neem toe skape, bokke, beeste, slawe en slavinne en hy gee alles vir Abraham. Hy het ook vir Abraham sy vrou Sara teruggegee.

15. Abimelek het vir Abraham gesê: “Hier is my land voor jou. Jy mag woon waar jy wil.”

16. En vir Sara het hy gesê: “Ek gee vir jou broer 1 000 stukke silwer, sodat almal wat by jou is, sal stilbly en sodat hulle sal weet alles is reg.”

17. Abraham het toe tot God gebid, en God het vir Abimelek en sy vrou en sy slavinne gesond gemaak. Hulle kon toe kinders kry.

18. Vóór daardie tyd kon die vroue in Abimelek se huis nie kinders kry nie, want die Here het hulle gestraf omdat Abimelek Abraham se vrou Sara vir homself gevat het.