hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39 Bybel vir Almal (ABA)

Josef werk in Potifar se huis

1. Die Ismaelitiese handelaars het vir Josef na Egipte gebring. ’n Belangrike amptenaar, Potifar, het hom gekoop. Potifar was die hoof van die wagte wat die farao moes oppas.

2. Die Here was by Josef, en dit het baie goed gegaan met alles wat hy gedoen het. Hy het in die huis van sy eienaar in Egipte gewoon.

3. Potifar het gesien dat die Here by Josef is. Hy het gesien dat die Here dit goed laat gaan met alles wat Josef doen.

4. Daarom was Potifar baie vriendelik met Josef, en Josef moes self vir Potifar kos bedien. Hy het vir Josef die hoof gemaak oor sy hele huis en alles wat hy het.

5. Nadat Potifar vir Josef gekies en aangestel het oor sy huis en oor alles wat hy het, het die Here hom en sy huis geseën. Die Here het alles geseën in Potifar se huis en in sy boerdery.

6. Potifar het hom oor niks bekommer nie, want hy het geweet dat Josef alles wat hy het, goed sal oppas. Hy het nie gedink aan enige iets wat hy het nie, hy het net gedink aan die kos wat hy geëet het.

Potifar laat vir Josef in die tronk toesluit

7. Nadat Josef die bestuurder van die huis geword het, het Potifar se vrou na Josef begin kyk en sy het verlief geraak op hom. Sy het vir Josef gesê: “Kom slaap by my.”

8. Maar Josef het geweier en hy het vir haar gesê: “Nee, Meneer weet dat ek alles in sy huis goed sal oppas.

9. Ek mag van alles gebruik wat hy het, maar ek mag nie seks hê met jou nie, want jy is sy vrou. Ek mag nie hierdie baie verkeerde ding doen nie. Dit is sonde teen God.”

10. Potifar se vrou het aangehou en sy het elke dag probeer om vir Josef te verlei, maar hy het nie na haar geluister nie, en hy het nie seks gehad met haar nie.

11. Eendag het hy in Potifar se huis kom werk, soos hy altyd gedoen het. Daar was niemand anders in die huis nie.

12. Potifar se vrou het vir Josef gegryp en sy het aan sy klere vasgehou en gesê: “Kom slaap by my.”Maar Josef het buitetoe gevlug en hy het sy klere daar gelos, die klere wat sy in haar hand vasgehou het.

13. Toe sy sien dat Josef sy klere in haar hand gelos het toe hy buitetoe gevlug het,

14. roep sy die ander mense van haar huis en sê vir hulle: “Kyk, Meneer het hierdie Hebreeuse slaaf hiernatoe gebring om met ons te spot. Hy het na my toe gekom om seks te hê met my, maar ek wou nie en ek het baie hard geskree.

15. Toe hy hoor ek skree so hard, het hy sy klere by my gelos en buitetoe gevlug.”

16. Sy het Josef se klere by haar gehou totdat haar man by die huis gekom het.

17. Toe vertel sy vir hom: “Die Hebreeuse slaaf wat jy na ons toe gebring het, het na my toe gekom en wou seks hê met my.

18. Ek het baie hard geskree, en toe het hy sy klere by my gelos en buitetoe gevlug.”

19. Toe Potifar hoor wat sy vrou vir hom vertel wat Josef wou doen, het hy baie kwaad geword.

20. Potifar het vir Josef in die tronk laat toesluit, die tronk waar die koning sy gevangenes gehou het. Josef het lank daar in die tronk gebly.

21. Maar die Here was by Josef en Hy het hom gehelp. Daarom was die hoof van die tronk ook vriendelik met Josef.

22. Hy het Josef die hoof gemaak oor al die gevangenes in die tronk. Josef moes kyk dat alles reg gaan in die tronk.

23. Die hoof van die tronk het hom oor niks in die tronk bekommer nie, want Josef het gekyk dat alles reg gaan. Die Here was by Josef, en dit het goed gegaan met alles wat hy gedoen het.