hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14 Bybel vir Almal (ABA)

Vier konings kom oorlog maak

1. In daardie tyd was daar vier konings wat oorlog kom maak het. Hulle was koning Amrafel van Sinar, koning Arjok van Ellasar, koning Kedorlaomer van Elam en koning Tidal van Gojim.

2. Hulle het oorlog gemaak teen koning Bera van Sodom, koning Birsa van Gomorra, koning Sinab van Adma, koning Semeber van Sebojim en die koning van Bela. Bela se ander naam was Soar.

3. Hierdie vyf konings het mekaar gehelp en hulle het ’n ooreenkoms met mekaar gemaak. Hulle het bymekaargekom in die Siddim-vallei. Die Siddim-vallei se ander naam was die Sout-see.

4. Die vyf konings het koning Kedorlaomer gedien, hy het twaalf jaar lank oor hulle regeer. Maar in die dertiende jaar wou hulle hom nie meer dien nie.

5. In die veertiende jaar het koning Kedorlaomer en die drie konings wat saam met hom was, gekom om oorlog teen die vyf ander konings te maak. Hulle het die Refaïete in Asterot-Karnajim oorwin, die Sussiete in Ham, die Emiete in die Kirjatajim-vallei,

6. en die Goriete in die Seïr-berge tot by El-Paran langs die woestyn.

7. Toe het koning Kedorlaomer en sy bondgenote omgedraai en by En-Mispat gekom. En-Mispat se ander naam was Kades. Hulle het die Amalekiete se hele land gevat, en hulle het ook die Amoriete oorwin wat in Gaseson-Tamar gewoon het.

8. Die vyf konings van Sodom, Gomorra, Adma, Sebojim en Bela het toe in die Siddim-vallei bymekaargekom om oorlog te maak

9. teen koning Kedorlaomer van Elam, koning Tidal van Gojim, koning Amrafel van Sinar, en koning Arjok van Ellasar. Daar was vier konings teen vyf konings.

10. In die Siddim-vallei was daar gate in die grond, en daar het teer uit die gate gekom. Die konings van Sodom en Gomorra het gevlug en hulle het in die gate geval. Die soldate wat oorgebly het, het na die berge gevlug.

11. Die vier konings het al die goed en die kos van die mense van Sodom en Gomorra gevat en weggegaan.

12. Hulle het ook vir Lot en al sy goed gevat en weggegaan. Lot was Abram se broer se seun. Hy het in daardie tyd in Sodom gewoon.

Abram oorwin die vier konings

13. Een man wat gevang is, het losgekom. Hy het alles vir Abram die Hebreër gaan vertel. Abram het toe gewoon by die bome van Mamre, die Amoriet. Mamre en sy broers Eskol en Aner was Abram se bondgenote.

14. Toe Abram hoor die vier konings het vir Lot gevang en weggevat, het hy vir 318 van sy slawe wapens gegee. Hulle het die vier konings gevolg en gejaag tot by die stad Dan.

15. Daar het Abram en sy manne die konings in die nag van verskillende kante aangeval en oorwin. Hulle het die konings gevolg en gejaag tot by die stad Goba, noord van Damaskus.

16. Abram het al hulle goed teruggebring. Hy het ook sy broer se seun Lot en sy goed teruggebring, ook die vroue en die ander mense.

17. Nadat Abram vir koning Kedorlaomer en die ander drie konings oorwin het, het hy teruggekom. Die koning van Sodom het hom kom ontmoet in die Sawe-vallei. Die vallei se ander naam was die Koning-vallei.

18. Melgisedek, die koning van Salem, was ’n priester van die Hoogste God. Hy het vir Abram brood en wyn gebring.

19. Hy het Abram geseën en gesê:“Abram, die Hoogste Godwat die hemel en die aardegemaak het, seën jou.

20. Ek prys die Hoogste God,want Hy het jou gehelpom jou vyande te oorwin.”Abram het toe vir Melgisedek een tiende gegee van alles wat hy teruggebring het.

21. Die koning van Sodom het vir Abram gesê: “Gee vir my net die mense terug wat die vyand gevang het, en neem vir jou die goed.”

22. Maar Abram het vir die koning van Sodom gesê: “Die Here, die Hoogste God, wat die hemel en die aarde gemaak het, is my getuie.

23. Hy is my getuie dat ek niks van jou sal neem nie, nie ’n garingdraad of ’n skoenveter of enige iets anders nie. Ek wil nie hê jy moet later sê: ‘Ék het vir Abram ryk gemaak’ nie.

24. Ek wil niks van jou goed hê nie, net die kos wat my slawe geëet het. Maar die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre, húlle moet die goed kry wat hulle moet kry.”