hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 9 Bybel vir Almal (ABA)

Niemand mag ’n ander mens doodmaak nie

1. God het vir Noag en sy seuns geseën. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet baie kinders kry en meer word. Julle moet die aarde vol mense maak.

2. Al die diere sal bang wees vir die mense, die wilde diere, die voëls, die diere wat kruip en die visse. Julle mag hulle gebruik.

3. Voorheen was die plante julle kos. Nou gee Ek ook vir julle die vleis van die diere om te eet.

4. Maar wanneer julle vleis eet, dan mag julle nie die bloed daarmee saam eet nie. Die lewe van die dier is in sy bloed.

5. “As iemand julle doodmaak en julle bloed laat vloei, dan sal Ek hom straf en sy bloed ook laat vloei. As ’n dier ’n mens doodmaak, dan sal Ek die dier doodmaak. Iemand wat ’n ander mens doodmaak, moet ook sterf.

6. God het mense gemaak om in sy plek te regeer en hoof te wees oor die aarde. Daarom mag niemand ’n ander mens doodmaak nie. As iemand ’n ander mens doodmaak, dan moet die mense hom ook doodmaak.

7. “Noag, julle moet baie kinders kry en meer word, julle moet die wêreld vol mense maak.”

Die Here maak ’n verbond met die mense en die diere

8. God het ook vir Noag en sy seuns gesê:

9. “Ek maak ’n verbond met julle en met julle nageslag.

10. Ek maak ook ’n verbond met alles wat lewe, alles wat saam met julle uit die ark gekom het, die voëls, die mak diere en die wilde diere.

11. Ek belowe vir julle: Daar sal nooit weer ’n watervloed wees wat die aarde sal verwoes en al die mense en diere sal doodmaak nie.”

12. God het ook gesê: “Ek gee vir julle ’n teken om te wys dat Ek ’n verbond met julle gemaak het. Ek het dit belowe, en dit sal altyd waar wees.

13. Ek maak my reënboog in die wolke. Die reënboog sal ’n teken wees om te wys dat Ek ’n verbond met julle gemaak het.

14. Wanneer Ek wolke oor die aarde stuur, en die reënboog is in die wolke,

15. dan sal Ek onthou dat Ek ’n verbond gemaak het met julle en met al die diere. Ek het belowe dat daar nie weer ’n watervloed sal wees wat al die mense en diere sal doodmaak nie.

16. Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, dan sal Ek daaraan dink dat Ek ’n verbond gemaak het met almal op die aarde, ’n verbond wat vir altyd sal wees.”

17. God het vir Noag gesê: “Die reënboog is die teken wat vir almal op die aarde wys dat Ek ’n verbond gemaak het met hulle.”

Noag en sy seuns

18. Noag het drie seuns gehad wat saam met hom in die ark was. Hulle was Sem, Gam en Jafet. Gam was Kanaän se pa.

19. Hierdie drie seuns van Noag is die voorvaders van al die mense op die aarde.

20. Noag was ’n boer en hy het ’n wingerd geplant.

21. Hy het die druiwe gepluk en wyn gemaak. Toe het hy die wyn gedrink en dronk geword. Hy het sy klere uitgetrek en hy het kaal in sy tent gelê.

22. Gam, die voorvader van die Kanaäniete, het gesien Noag was kaal, en hy het na sy pa gekyk. Hy het uit die tent gegaan en hy het dit vir sy broers gaan vertel.

23. Sem en Jafet het klere geneem en hulle het dit oor hulle skouers gehou. Hulle het agteruit geloop sodat hulle nie Noag se kaal liggaam kon sien nie. Hulle het hulle pa toegemaak met die klere.

24. Toe Noag wakker word, het hy uitgevind wat sy jongste seun gedoen het.

25. Noag sê toe:“Ek vervloek vir Kanaän,Gam se seun.Hy en sy kinders sal slawe weesvir sy broers.”

26. Noag het ook gesê:“Prys die Here,die God van Sem!Kanaän sal Sem se slaaf wees.

27. Ek bid dat God vir Jafetbaie grond sal gee,en dat God altydby Sem sal wees.Kanaän sal Jafetse slaaf wees.”

28. Noag het nog 350 jaar ná die watervloed gelewe.

29. Noag was 950 jaar oud toe hy gesterf het.