hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 21 Bybel vir Almal (ABA)

Isak word gebore

1. Die Here het aan Sara gedink en Hy het vir haar gedoen wat Hy belowe het.

2. Sara het swanger geword en sy het vir Abraham ’n seun gekry toe hy al oud was. Sy het die seun gekry op die tyd wat God gesê het dit sal gebeur.

3. Abraham het sy seun Isak genoem, die seun wat hy en Sara gekry het.

4. Abraham het sy seun Isak besny toe hy ag dae oud was. Hy het dit gedoen soos God vir hom gesê het.

5. Abraham was 100 jaar oud toe sy seun Isak gebore is.

6. Sara het gesê: “Die mense sal nou lag oor wat God met my gedoen het. Almal wat van Isak hoor, sal vir my lag.

7. Niemand sou voorheen vir Abraham gesê het dat kinders aan my bors sou drink nie, maar ek en Abraham het ’n seun gekry toe hy al oud was.”

Abraham stuur vir Hagar en Ismael weg

8. Die kind Isak het grootgeword en opgehou om aan Sara te drink. Op daardie dag, toe Sara vir Isak gespeen het, het Abraham ’n groot fees gehou.

9. Toe sien Sara dat Ismael lag. Ismael was die seun wat Hagar, die slavin uit Egipte, vir Abraham gekry het.

10. Sara sê toe vir Abraham: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg. Hierdie seun van die slavin mag nie erf saam met my seun Isak nie.”

11. Abraham het gedink dit is verkeerd wat Sara gesê het oor sy seun Ismael.

12. Maar God het vir Abraham gesê: “Moenie dink dit is verkeerd wat Sara gesê het oor jou seun en oor jou slavin nie. Luister na alles wat sy vir jou sê, want die nageslag van Isak sal jóú nageslag wees.

13. Maar Ek sal die seun van jou slavin ook ’n volk laat word, want hy is jou kind.”

14. Abraham het vroeg die volgende oggend brood en ’n velsak vol water geneem en hy het dit vir Hagar gegee. Hy het dit op haar skouer gesit en hy het haar en die kind weggestuur. Hagar het gegaan en sy het in die Berseba-woestyn rondgeswerf.

15. Toe die water in die velsak op was, het sy die kind onder ’n boompie neergesit.

16. Sy het ’n bietjie verder gaan sit, omtrent so ver soos ’n mens met ’n pyl kan skiet. Sy het gesê: “Ek wil nie sien hoe my kind sterf nie.”Sy het ’n bietjie verder gaan sit en sy het hard begin huil.

17. God het gehoor dat die seun huil. Die Engel van God het uit die hemel met Hagar gepraat en Hy het vir haar gevra: “Wat is fout, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het gehoor dat die seun huil daar waar hy lê.

18. Staan op en tel jou kind op. Help hom, want Ek sal hom ’n groot volk laat word.”

19. God het Hagar se oë oopgemaak, en sy het ’n fontein gesien. Sy het die velsak vol water gaan maak en sy het haar seun daarvan laat drink.

20. God was altyd by Ismael. Hy het grootgeword en in die woestyn gewoon. Hy het geleer om baie goed met ’n pyl en boog te skiet.

21. Hy het in die Paran-woestyn gewoon. Sy ma het vir hom ’n vrou uit Egipte gekry, en hy het met haar getrou.

Abraham en Abimelek maak ’n ooreenkoms

22. In daardie tyd het koning Abimelek en Pikol, die hoof van sy leër, vir Abraham gesê: “God help jou met alles wat jy doen.

23. Jy moet nou belowe dat jy nie vals sal wees teen my of teen my kinders of my nageslag nie. Ek was vriendelik met jou, en jy moet ook vriendelik wees met my en met hierdie land waar jy ’n vreemdeling is.”

24. Abraham het gesê: “Ek belowe.”

25. Later het Abimelek se manne ’n put van Abraham vir hulleself gevat. Abraham het by Abimelek daaroor gekla.

26. Maar Abimelek het gesê: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie. Jy het ook nie voorheen vir my daarvan vertel nie. Ek het vandag die eerste maal daarvan gehoor.”

27. Abraham neem toe skape, bokke en beeste, en hy gee dit vir Abimelek. So het hulle twee ’n ooreenkoms gemaak.

28. Maar Abraham het sewe skaap-lammers apart gehou,

29. en Abimelek het vir Abraham gevra: “Wat wil jy doen met daardie sewe lammers wat jy apart gehou het?”

30. Abraham het geantwoord: “Jy moet hierdie sewe lammers van my neem. As jy dit neem, dan sal dit beteken jy weet dat dit ek is wat hierdie put gegrawe het, nie jou manne nie.”

31. Daarom noem hulle die plek Berseba, want hulle twee het daar ’n ooreenkoms gemaak. Hulle het belowe dat hulle nie die ooreenkoms sal breek nie.

32. Nadat hulle die ooreenkoms by Berseba gemaak het, het Abimelek en Pikol, die hoof van sy leër, teruggegaan na die Filistyne se land.

33. Abraham het ’n tamariskboom by Berseba geplant. Hy het die Here, die ewige God, aanbid.

34. Abraham het lank in die Filistyne se land gewoon. Hulle het hom toegelaat om daar te woon.