hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 28 Bybel vir Almal (ABA)

1. Isak het vir Jakob geroep en hy het hom geseën en gegroet. Hy het vir hom gesê: “Jy mag nie trou met ’n meisie van Kanaän nie.

2. Jy moet na die land Paddan-Aram gaan, na jou oupa Betuel se familie toe, jy moet met een van die dogters van jou oom Laban trou.

3. God die Almagtige sal jou seën. Hy sal jou vrugbaar maak en Hy sal vir jou ’n groot nageslag gee. Jy sal die voorvader van ’n baie groot volk word.

4. God sal jou seën soos Hy vir Abraham geseën het. Hy sal jou en ook jou nageslag seën. Hy sal vir jou die land gee waar jy nou ’n vreemdeling is. Dit is die land wat Hy vir Abraham gegee het. Dit sal jou land wees.”

5. So het Isak vir Jakob weggestuur. Jakob het na Paddan-Aram gegaan, na die Arameër Laban toe. Laban was die seun van Betuel en die broer van Rebekka. Rebekka was Jakob en Esau se ma.

Esau trou met nog ’n vrou

6. Esau het gesien dat Isak vir Jakob geseën het en hom weggestuur het na die land Paddan-Aram. Isak het vir Jakob gesê dat hy moet gaan trou met een van daardie meisies. Isak het hom geseën en gesê hy mag nie trou met een van die meisies van die land Kanaän nie.

7. Esau het gesien dat Jakob na sy pa en ma geluister het en na Paddan-Aram gegaan het.

8. Hy het besef dat sy pa Isak nie van die meisies van Kanaän hou nie.

9. Toe gaan Esau na Ismael toe. Ismael was Abraham se seun. Esau het ander vroue gehad, maar hy trou toe ook met Magalat, Ismael se dogter. Sy was Nebajot se suster.

Jakob droom by Bet-El

10. Jakob het van die stad Berseba na die stad Haran gegaan.

11. Toe die son ondergegaan het, het hy by ’n plek gekom waar hy die nag kon slaap. Hy het ’n klip onder sy kop gesit en hy het aan die slaap geraak.

12. Hy het gedroom dat daar ’n leer op die aarde staan, en die boonste punt van die leer is in die hemel. Die engele van God het op en af geklim teen die leer.

13. Toe kom staan die Here by hom en Hy sê vir Jakob: “Ek is die Here, die God van jou oupa Abraham en die God van jou pa Isak. Hierdie land waar jy nou is, sal Ek vir jou en jou nageslag gee.

14. Jou nageslag sal so baie wees soos die stof van die aarde, en jy sal nog meer grond kry, na die weste, na die ooste, na die noorde en na die suide. Al die volke van die aarde sal My vra om hulle te seën soos Ek jou en jou nageslag sal seën.

15. Ek sal by jou wees en Ek sal jou beskerm op elke plek waar jy gaan en Ek sal jou terugbring na hierdie land. Ek sal jou nooit los nie totdat Ek gedoen het wat Ek vir jou belowe het. Dit is seker.”

16. Toe Jakob wakker word, sê hy: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie.”

17. Hy het bang geword en gesê: “Hierdie plek laat my bang word. Dit is die huis van God, dit weet ek nou, dit is die poort van die hemel.”

18. Toe Jakob die oggend vroeg opstaan, neem hy die klip wat onder sy kop was, en hy sit dit regop sodat dit ’n gedenksteen kan wees. Hy het toe olyf-olie op die klip uitgegooi

19. en hy het die plek Bet-El genoem. Die plek se naam was voorheen Lus.

20. Jakob het belowe en gesê: “God sal my God wees as Hy by my sal wees en my sal beskerm op hierdie pad waar ek gaan loop. Hy sal my God wees as Hy vir my kos en klere sal gee

21. en my veilig laat terugkom by my pa se familie.

22. Dan sal hierdie klip wat ek regop gesit het sodat dit ’n gedenksteen kan wees, vir my ’n plek wees waar God is. Dan sal ek ook vir U ’n tiende teruggee van alles wat U vir my gee. Dit belowe ek.”