hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10 Bybel vir Almal (ABA)

Die nageslag van Jafet, Gam en Sem

1. Hier is ’n lys van die nageslag van Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Ná die watervloed het hulle kinders gehad.

2. Jafet se nageslag was die mense van Gomer en Magog, die Mediërs, die Grieke en die mense van die lande Tubal, Mesek en Tiras.

3. Gomer se nageslag was die mense van die lande Askenas, Rifat en Togarma.

4. Elisa en Tarsis, die Kittiërs en die Dodaners was afstammelinge van die Grieke.

5. Party van hierdie mense het oral in ander lande en naby die see gaan woon. Daar was verskillende families en volke. Elke volk het in sy eie land gewoon en het sy eie taal gepraat.

6. Gam se nageslag was die mense van die lande Kus, Egipte, Put en Kanaän.

7. Kus se nageslag was die mense van die lande Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Rama se nageslag was die mense van die lande Skeba en Dedan.

8. Kus het ook ’n seun gehad, sy naam was Nimrod. Hy het ’n baie sterk en belangrike man geword.

9. Hy was ’n goeie jagter. Die Here het hom so gemaak. Daarom, as iemand goed kan jag, dan sê die mense: “Hy is ’n goeie jagter, soos Nimrod.”

10. Nimrod was eers die koning van die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne in die land Babel.

11. Hy het uit die land Babel na die land Assirië gegaan en hy het die stede Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou.

12. Hy het ook die stad Resen tussen Nineve en Kalag gebou. Resen was ’n groot stad.

13. Die mense van Egipte was die voorvaders van die Ludeërs, die Anammers, die Lehabeërs, die Naftoagiete,

14. en die mense van die lande Patros, Kasluag en Kaftor. Die mense van Kasluag was die voorvaders van die Filistyne.

15. Die mense van Kanaän was die voorvaders van die mense van die lande Sidon en Het. Sidon was die oudste.

16. Kanaän was ook die voorvader van die Jebusiete, die Amoriete, die Girgasiete,

17. die Hewiete, die Erekiete, die Siniete,

18. die Arwadters, die Semariërs en die Hamatters. Later het Kanaän se families oral gaan woon.

19. Die grense van hulle grond was van die land Sidon tot by die stad Gasa naby die stad Gerar, en tot by die stad Lesa naby die stede Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim.

20. Al hierdie mense was die nageslag van Gam. Elke familie het sy eie taal gepraat en het in sy eie land gewoon. Hulle het verskillende volke geword.

21. Sem het ook ’n nageslag gehad. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sem se oudste broer was Jafet.

22. Sem se nageslag was die mense van die lande Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram.

23. Aram se nageslag was die mense van die lande Us, Gul, Geter en Mas.

24. Arpaksad was die pa van Selag, en Selag was die pa van Heber.

25. Heber het twee seuns gehad. Die een seun se naam was Peleg. In die tyd toe Peleg gelewe het, het hulle die land verdeel. Peleg se broer was Joktan.

26. Joktan was die pa van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

27. Hadoram, Usal, Dikla,

28. Obal, Abimael, Skeba,

29. Ofir, Gawila en Jobab. Hulle was almal Joktan se nageslag.

30. Hulle het gewoon tussen Mesa en Sefar, in die berge in die ooste.

31. Sem was die voorvader van al hierdie mense. Elke familie het sy eie taal gepraat en het in sy eie land gewoon. Hulle het verskillende volke geword.

32. Dit is die nageslag van Noag se seuns. Hulle was die voorvaders van al die volke wat ná die watervloed oral op die aarde gaan woon het.