hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4 Bybel vir Almal (ABA)

Eva kry twee seuns

1. Die mens het seks gehad met sy vrou Eva. Sy het swanger geword en sy het ’n seun gekry. Die seun se naam was Kain. Eva sê toe: “Die Here het my gehelp om ’n seun in die wêreld te bring.”

2. Later het sy weer ’n seun gekry. Sy naam was Abel, en hy was Kain se broer. Abel het met skape en bokke geboer. Kain was ook ’n boer, hy het koring gesaai.

Kain vermoor vir Abel

3. Eendag het Kain van sy koring geneem en hy het ’n offer vir die Here gebring.

4. Abel het ook ’n offer vir die Here gebring. Hy het die eerste lammers vir die Here gegee en die lammers se vet ge-offer. Die Here was tevrede met Abel en sy offer.

5. Maar die Here was nie tevrede met Kain en sy offer nie. Kain het toe baie kwaad geword en sy mond was dik.

6. Die Here vra toe vir Kain: “Hoekom is jy kwaad en hoekom is jou mond dik?

7. As jy doen wat reg is, dan sal jy gelukkig wees. Maar as jy doen wat verkeerd is, dan doen jy sonde. Die sonde is altyd naby jou en wil jou vang, maar jy moet die sonde oorwin.”

8. Kain het vir sy broer Abel gesê: “Kom ons gaan veld toe.”Toe hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel vermoor.

Die Here straf vir Kain

9. Toe vra die Here: “Kain, waar is jou broer Abel?”En Kain antwoord: “Ek weet nie. Ek pas nie my broer op nie.”

10. Die Here sê toe vir Kain: “Wat het jy gedoen? Jy het jou broer doodgemaak en sy bloed het op die grond geval. Daardie bloed roep My en vra My om jou te straf.

11. Daarom vervloek Ek jou. Jy moet nou weggaan van hierdie plek waar jou broer se bloed op die grond geval het.

12. Wanneer jy in die grond werk, dan sal die plante nie daar groei nie. Jy sal van een plek na ’n ander plek rondswerf en jy sal nie ’n huis hê nie.”

13. Toe sê Kain vir die Here: “My straf is te swaar om te dra.

14. U jaag my nou weg, en daar is nie meer plek vir my op die aarde nie. Ek moet ook vir U wegkruip. Ek moet rondswerf en ek het nie ’n huis waar ek kan woon nie. Elkeen wat my kry, sal my wil doodmaak.”

15. Die Here het vir Kain gesê: “Nee. As iemand jou doodmaak, dan sal Ek hom baie swaar straf.”Die Here maak toe ’n merk op Kain. Die merk het almal gewaarsku om nie vir Kain dood te maak nie.

16. Kain het weggegaan van die Here.Hy het gaan woon in die land Nod. Dit was oos van Eden.

Kain se nageslag

17. Kain het seks gehad met sy vrou. Sy het swanger geword en ’n seun gekry. Die seun se naam was Henog. Kain het toe ’n stad gebou en hy het die stad ook Henog genoem.

18. Henog en sy vrou het ’n seun gekry. Sy naam was Irad. Irad se seun was Megujael, en Megujael se seun was Metusael. Metusael se seun was Lameg.

19. Lameg het met twee vroue getrou – die een vrou se naam was Ada, en die ander vrou se naam was Silla.

20. Ada se seun was Jabal. Jabal was die voorvader van die mense wat in tente by hulle skape en bokke gewoon het.

21. Sy broer se naam was Jubal. Hy was die voorvader van die mense wat musiek gemaak het met liere en fluite.

22. Silla se seun was Tubal-Kain. Hy het met koper en yster gewerk. Tubal-Kain se suster was Naäma.

23. Lameg het vir sy vroue gesê:“Ada en Silla, luister nawat ek sê.Ek sal die man doodmaakwat my aanval.

24. Ja, God het gesê as iemandvir Kain doodmaak,dan sal hy baie swaargestraf word.Maar ek sê: As iemandmy doodmaak,dan sal hy nog baie swaardergestraf word.”

Eva kry nog ’n seun

25. Die mens, Adam, het weer seks gehad met sy vrou. Sy het ’n seun gekry en hom Set genoem. Sy het gesê: “God het vir my ’n ander seun in Abel se plek gegee, want Kain het vir Abel vermoor.”

26. Set se vrou het ook later ’n seun gekry. Set het hom Enos genoem.In daardie tyd het die mense begin om die Here te aanbid.