hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 32 Bybel vir Almal (ABA)

Jakob stuur vir Esau presente

1. Jakob het verder gegaan, en daar het engele van God na hom toe gekom.

2. Toe Jakob hulle sien, sê hy: “Dit is ’n kamp van God se soldate!” en hy het daardie plek Maganajim genoem.

3. Jakob het ’n boodskap gestuur vir sy broer Esau. Esau was in Seïr-land, die land van die Edomiete.

4. Jakob het vir die manne gesê hulle moet vir sy broer Esau sê: “Meneer, ek is jou slaaf Jakob. Ek was ’n vreemdeling by Laban, en ek het tot nou toe daar gewoon.

5. Ek het daar beeste, donkies, skape en bokke, slawe en slavinne gekry. Ek stuur nou ’n boodskap om dit vir jou te sê, sodat ek kan weet of jy my vriendelik sal ontvang.”

6. Toe die boodskappers terugkom by Jakob, sê hulle vir hom: “Ons het by jou broer Esau gekom, maar hy het al klaar na jou toe begin kom, en daar is 400 manne by hom.”

7. Jakob het baie bekommerd en bang geword. Hy het al die mense wat by hom was, in twee groepe verdeel, ook al die skape en bokke, die beeste en die kamele.

8. Hy het gesê: “As Esau die een groep aanval, dan sal die ander groep miskien kan vlug.”

9. Jakob het toe gebid en gesê: “God van my oupa Abraham, God van my pa Isak, Here, U het vir my gesê dat ek moet teruggaan na my land en na my familie toe, dan sal U goed wees vir my.

10. Ek is nie ’n belangrike man nie, maar U was baie goed vir my en U het alles gedoen wat U vir my belowe het. Ek het net my kierie gehad toe ek voorheen deur hierdie Jordaan-rivier gegaan het. Nou behoort hierdie twee groot groepe mense en diere aan my.

11. Here, beskerm my asseblief teen my broer Esau, want ek is bang vir hom. Ek is bang dat hy my en die vroue en kinders sal aanval.

12. Here, U het belowe en vir my gesê: ‘Ek sal goed wees vir jou. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sand van die see. Dit is so baie dat ’n mens dit nie kan tel nie.’ ”

13. Jakob het daardie nag daar geslaap. Hy het van sy goed geneem en hy het ’n present vir sy broer Esau gestuur.

14. Dit was 200 bok-ooie en 20 bok-ramme, 200 skaap-ooie en 20 skaap-ramme,

15. 30 kameel-koeie en hulle kalwers, 40 koeie en 10 bulle, 20 donkie-merries en 10 donkie-hingste.

16. Jakob het die diere vir sy slawe gegee, elke trop diere apart, en hy het vir sy slawe gesê: “Loop voor my, maar hou elke trop diere apart.”

17. Jakob het vir die eerste slaaf gesê: “As my broer Esau by jou kom en hy vra vir jou wie se slaaf is jy, waarnatoe gaan jy en aan wie behoort hierdie trop diere,

18. dan moet jy vir hom sê: ‘Dit behoort aan Meneer se slaaf Jakob. Dit is ’n present wat hy vir Meneer stuur. Hy kom self ook, hy is agter ons.’ ”

19. Jakob het dieselfde vir die tweede slaaf gesê, ook vir die derde slaaf, en vir al die ander slawe wat agter die troppe geloop het. Hy het gesê wat hulle vir Esau moet sê wanneer hulle hom kry.

20. Hulle moes ook vir Esau sê: “Meneer se slaaf Jakob kom ook, hy is agter ons.”Jakob het gedink: Ek stuur die presente vir Esau, want ek wil hom vriendelik maak. As ek by hom kom, dan sal hy miskien vriendelik wees met my.

21. Jakob het eers die presente gestuur en toe het hy self gegaan. Hy het daardie nag in die kamp gebly.

Jakob se naam word Israel

22. Jakob het in die nag opgestaan. Hy het sy twee vroue, sy twee slavinne en sy elf kinders geneem, en hulle het deur die Jabbok-rivier gegaan.

23. Hy het hulle deur die rivier laat gaan en daarna het hy ook sy diere deur die rivier laat gaan.

24. Jakob het alleen agtergebly. ’n Man het gekom en met hom gestoei totdat dit die volgende dag lig begin word het.

25. Toe die man sien dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het hy vir Jakob op sy heup geslaan. Jakob se heup het seergekry, en hy het moeilik geloop.

26. Die man sê toe vir Jakob: “Los my, want dit is amper dag.”Maar Jakob antwoord hom: “Jy moet my eers seën, dan sal ek jou los.”

27. Die man het vir Jakob gevra: “Wat is jou naam?”En hy antwoord: “Jakob.”

28. Die man sê toe: “Jou naam sal nie meer Jakob wees nie, dit sal nou Israel wees. Die naam Israel beteken ‘Jy het met God en met mense gestoei en jy het gewen.’ ”

29. Jakob vra toe: “Sê asseblief vir my, wat is jou naam.”En die man vra: “Hoekom vra jy wat my naam is?”Die man het vir Jakob daar geseën.

30. Jakob het die plek Pniël genoem. Hy het gesê: “Ek het God gesien. Hy was so naby my dat ek sy gesig kon sien, en ek het nie gesterf nie.”

31. Die son het opgekom toe Jakob weggegaan het van Pniël. Jakob het swaar geloop, want sy heup was baie seer.

32. Dit is hoekom die Israeliete nie die senuwees in die heupbeen van ’n dier eet nie, want die man het vir Jakob op sy heup geslaan, op die heupsenuwee.