hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 35 Bybel vir Almal (ABA)

Jakob kom weer by Bet-El

1. God het vir Jakob gesê: “Jy moet gereedmaak. Jy moet na Bet-El gaan en daar gaan woon. Jy moet daar ’n altaar bou vir My. Ek is die God wat aan jou verskyn het toe jy weggevlug het van jou broer Esau.”

2. Jakob sê toe vir sy huisgesin en almal wat by hom was: “Gooi weg al die beelde van ander volke se gode wat by julle is. Reinig julle en trek ander klere aan.

3. Ons moet gereedmaak en na Bet-El gaan, sodat ek daar ’n altaar kan bou vir God wat geluister het na my gebed en wat my gehelp het toe ek groot probleme gehad het. Hy was by my oral waar ek gegaan het.”

4. Hulle gee toe vir Jakob al die beelde wat hulle gehad het van ander volke se gode, en ook al hulle oor-ringe. Jakob het dit alles begrawe onder die boom by Sigem.

5. Toe Jakob en sy mense wegtrek, het God die mense van die stede om hulle so bang laat word dat hulle nie vir Jakob en sy seuns gevolg en gejaag het nie.

6. Jakob en almal wat by hom was, het by die stad Lus in Kanaän aangekom. Lus se ander naam was Bet-El.

7. Jakob het daar ’n altaar gebou en hy het die plek El-Bet-El genoem, want God het daar aan hom verskyn toe hy weggevlug het van Esau.

8. Toe Rebekka nog klein was, het sy gedrink aan ’n vrou. Die vrou se naam was Debora. Debora het daar by Bet-El gesterf. Hulle het haar begrawe onder ’n boom naby Bet-El. Hulle het die boom “Huilboom” genoem.

9. Toe Jakob teruggekom het van Paddan-Aram, het God weer aan hom verskyn en hom geseën.

10. God het vir hom gesê: “Jou naam is Jakob, maar hulle sal jou nou nie meer Jakob noem nie, jou naam sal Israel wees.”So het God hom die naam Israel gegee.

11. God het ook vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Jy moet vrugbaar wees en ’n groot nageslag hê. ’n Volk, ja, baie volke, sal uit jou kom. Jy sal die voorvader van konings wees.

12. Ek gee ook hierdie land vir jou. Dit is die land wat Ek vir Abraham en vir Isak belowe het. Ek gee dit vir jou en vir jou nageslag ná jou.”

13. Toe het God weggegaan van Jakob.

14. Jakob het ’n gedenksteen op die plek gesit waar God met hom gepraat het. Hy het ’n drank-offer op die klip uitgegooi en ook olyf-olie.

15. Jakob het die plek waar God met hom gepraat het, Bet-El genoem.

Ragel kry ’n tweede seun en sy sterf

16. Jakob en sy mense het van Bet-El getrek na Efrata. Hulle was nog nie naby Efrata nie, toe het Ragel ’n kind gekry. Sy het baie pyn gehad toe die kind gebore is.

17. Toe sê die vrou wat haar gehelp het: “Moenie bang wees nie, want jy het nou nog ’n seun gekry.”

18. Ragel was besig om te sterf, en terwyl sy haar laaste asem uitblaas, het sy die seuntjie Ben-Oni genoem. Maar sy pa Jakob het hom Benjamin genoem.

19. Ragel het gesterf en hulle het haar begrawe langs die pad na Efrata. Efrata se ander naam is Betlehem.

20. Jakob het ’n gedenksteen op haar graf gesit. Dit is die gedenksteen wat vandag nog op Ragel se graf is.

21. Jakob het toe verder getrek en hy het sy tente anderkant die stad Migdal-Eder opgeslaan.

22. Terwyl Jakob in daardie land gewoon het, het Ruben seks gehad met sy pa se byvrou Bilha, en Jakob het daarvan gehoor.Jakob het twaalf seuns gehad.

Jakob se seuns

23. Lea se seuns was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon.

24. Ragel se seuns was Josef en Benjamin.

25. Ragel se slavin Bilha se seuns was Dan en Naftali.

26. Lea se slavin Silpa se seuns was Gad en Aser. Dit was Jakob se seuns wat in Paddan-Aram gebore is.

Isak sterf

27. Jakob het by sy pa Isak in Mamre by Kirjat-Arba gekom. Kirjat-Arba se ander naam was Hebron. Die mense van daardie land het vir Abraham en Isak toegelaat om daar te woon.

28. Isak het 180 jaar oud geword,

29. toe het hy gesterf. Hy was baie oud. Sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.