hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 15 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here maak ’n verbond met Abram

1. Hierna het Abram gedroom die Here sê vir hom:“Abram, jy moenie bang wees nie. Ek sal jou beskerm. Ek sal vir jou baie gee.”

2. Toe sê Abram: “Here, my Here, wat kan U vir my gee? Ek het nie kinders nie, en Eliëser, die man uit Damaskus, sal eendag al my goed erf.

3. U het nie vir my ’n nageslag gegee nie, en daarom sal een van my slawe alles erf wat ek het.”

4. Toe praat die Here weer met Abram en Hy sê vir hom: “Nee, dit is nie ’n slaaf wat al jou goed sal erf nie. Net jou eie seun sal jou goed erf.”

5. Die Here het vir Abram buitetoe geneem en vir hom gesê: “Kyk na die lug en probeer om al die sterre te tel. Jou nageslag sal so baie wees.”

6. Abram het die Here geglo, en daarom was die Here tevrede met hom.

7. Die Here het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou laat wegtrek het uit Ur, die stad in die land van die Galdeërs. Ek het jou hiernatoe gebring, want Ek wil hierdie land vir jou gee. Hierdie land sal aan jou behoort.”

8. Toe vra Abram: “Here, my Here, hoe kan ek seker wees dat hierdie land myne sal wees?”

9. En die Here sê vir hom: “Bring vir My ’n vers-kalf en ’n bok en ’n skaap-ram, almal drie jaar oud. Bring ook ’n tortelduif en ’n ander duif.”

10. Abram het dit alles vir die Here gebring. Hy het die diere middeldeur gesny, en hy het die een helfte van elke dier oorkant die ander helfte neergesit. Maar die voëls het hy nie middeldeur gesny nie.

11. Die aasvoëls het gekom om die dooie diere te vreet, maar Abram het hulle weggejaag.

12. Toe die son ondergaan, het dit baie donker geword, en Abram het bang geword. Maar daarna het hy baie vas geslaap.

13. Toe sê die Here vir Abram: “Jou nageslag sal gaan woon in ’n land wat nie hulle eie land sal wees nie. Hulle sal vreemdelinge wees, maar hulle sal slawe wees, en die mense sal hulle 400 jaar lank verdruk. Dit is seker.

14. Maar Ek sal die volk straf wat hulle slawe laat word het. Daarna sal jou nageslag weggaan en hulle sal baie goed hê.

15. Met jou sal dit goed gaan totdat jy sterf en jy sal oud wees wanneer hulle jou begrawe.

16. In die vierde geslag sal jou nageslag weer terugkom na hierdie land. Dan sal dit die regte tyd wees om die Amoriete te straf oor hulle baie sonde.”

17. Die son het ondergegaan en dit het donker geword. Daar kom toe vuurvlamme en rook wat deurgaan tussen die stukke vleis van die diere wat geslag is.

18. Daardie dag het die Here ’n verbond gemaak met Abram. Die Here het vir Abram belowe:“Ek gee vir jou nageslaghierdie land,van die Egipte-spruit tot bydie groot Eufraat-rivier.

19. Dit is die land van die Keniete,die Kenissiete,die Kadmoniete,

20. die Hetiete, die Feresiete,die Refaïete,

21. die Amoriete, die Kanaäniete,die Girgasieteen die Jebusiete.”