hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 17 Bybel vir Almal (ABA)

Die verbond en die besnydenis

1. Abram was 99 jaar oud toe die Here aan hom verskyn het. Die Here het vir hom gesê:“Ek is God die Almagtige. Jy moet My dien en reg lewe.

2. Dan sal Ek ’n verbond maak met jou. Ek sal vir jou ’n baie groot nageslag gee.”

3. Abram het met sy gesig teen die grond gaan lê, en die Here het vir hom gesê:

4. “Ek maak hierdie verbond met jou: Jy sal die voorvader wees van baie volke,

5. en jou naam sal nie meer Abram wees nie. Jou naam sal nou Abraham wees, want Ek sal jou die voorvader van baie volke maak.

6. Jy sal ’n baie groot nageslag hê. Jy sal die voorvader wees van baie volke en konings.

7. Ek maak ’n verbond tussen My en jou en jou nageslag en hulle nageslagte. Dit is ’n verbond wat altyd sal aanhou. Ek sal jou God wees en ook jou nageslag se God.

8. En Ek sal vir jou en vir jou nageslag hierdie land gee waarin jy nou ’n vreemdeling is, die hele land Kanaän. Die land sal altyd aan julle behoort, en Ek sal julle God wees.”

9. God het vir Abraham gesê: “Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag en hulle nageslagte.

10. Hier is die verbond wat jy en jou nageslag moet hou: Julle moet elke man en seun besny.

11. Dit sal die bewys wees van die verbond tussen My en julle.

12. As ’n seun ag dae oud is, dan moet julle hom besny. Julle moet dit doen met elke seun in julle huis, en met elke slaaf wat in julle huis gebore word. Julle moet dit ook doen met elke slaaf wat julle koop, elke slaaf wat nie julle nageslag is nie.

13. Elke seun in julle huis en ook elke slaaf wat julle gekoop het, moet besny word, sodat daar altyd aan julle liggame ’n bewys van my verbond kan wees.

14. “Julle moet elke man wat nie besny is nie, van hierdie volk afsny. Hy het nie my verbond gehou nie, hy het dit gebreek.”

15. God het ook vir Abraham gesê: “Jy moet jou vrou nie meer Sarai noem nie, haar naam moet nou Sara wees.

16. Ek sal haar seën en sy sal vir jou ’n seun kry. Ja, Ek sal haar seën, en uit haar nageslag sal volke en konings kom.”

17. Abraham het met sy gesig teen die grond gaan lê. Hy het gelag en gedink: Kan ’n man wat 100 jaar oud is, pa word van ’n kind? Kan Sara wat 90 jaar oud is, ’n kind kry?

18. Abraham sê toe vir God: “Ek bid dat U vir Ismael sal laat lewe.”

19. Maar God sê: “Nee, jou vrou Sara sal vir jou ’n kind kry, en jy moet hom Isak noem. Ek sal ook met hóm ’n verbond maak, en die verbond sal altyd aanhou, ook met sy nageslag.

20. Ek het gehoor wat jy oor Ismael vra. Ek sal hom seën en hy sal baie kinders hê. Hy sal die voorvader van twaalf leiers wees, en sy nageslag sal ’n groot volk word.

21. “Maar Ek maak my verbond met Isak, die seun wat Sara oor ’n jaar vir jou sal kry.”

22. Nadat God klaar met Abraham gepraat het, het Hy weggegaan.

23. Abraham het toe sy seun Ismael geneem en al die slawe wat in sy huis gebore is, en hy het hulle besny. Hy het ook al die slawe wat hy gekoop het, almal wat manlik is in sy huis, besny, presies soos God vir hom gesê het.

24. Abraham was 99 jaar oud toe hy besny is.

25. Sy seun Ismael was 13 jaar oud toe hy besny is.

26. Abraham en sy seun Ismael is op dieselfde dag besny.

27. Al die mans in sy huis is saam met hom besny, die slawe wat in sy huis gebore is en die slawe wat hy gekoop het.