hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die veertiende jaar van koning Hizkiyahu het Sangeriv, koning van Ashur, opgetrek teen al die versterkte stede van Y’hudah en hulle verower.

2. Die koning van Ashur het vir Rav-Shakeh vanaf Lakhish na Yerushalayim gestuur, na koning Hizkiyahu, met ’n groot leër en hy het gaan staan by die watervoor van die boonste poel, op die hoofpad van die wasser se veld.

3. Toe het Elyakim, die seun van Hilkiyahu, wat oor die huishouding was, Shevnah, die skrywer en Yo’ag, die seun van Asaf, die griffier, na hom toe uitgekom.

4. Toe sê Rav-Shakeh vir hulle: “Sê nou vir Hizkiyahu: ‘So sê die groot koning, die koning van Ashur: “Wat is hierdie selfvertroue wat jy het?

5. Ek sê: ‘Jou raad en krag vir die oorlog is net leë woorde.’ Op wie vertrou jy dat jy teen my rebelleer het?

6. Let op, jy vertrou op die staf van die geknakte riet, op Mitzrayim, wat, as iemand daarop leun, in sy hand sal ingaan en dit deurboor; so is Farao, koning van Mitzrayim, vir almal wat op hom vertrou.

7. As jy egter vir my sê: ‘Ons vertrou op יהוה, ons God,’ is dit nie Hy Wie se hoë plekke en Wie se altare Hizkiyahu verwyder het en vir Y’hudah en Yerushalayim gesê het: ‘Voor hierdie altaar moet julle aanbid,’ nie?

8. Nou daarom, kom wed tog met my meester, die koning van Ashur en ek sal vir jou twee duisend perde gee as jy van jou kant af ruiters daarop kan sit.

9. Hoe kan jy dan die aanval van ’n enkele amptenaar van my meester se geringste dienaars weerstaan en op Mitzrayim vertrou vir strydwaens en perderuiters?

10. Het ek nou sonder יהוה se goedkeuring teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? יהוה het vir my gesê: ‘Trek op teen hierdie land en verwoes dit.’””

11. Toe sê Elyakim, Shevnah en Yo’ag vir Rav-Shakeh: “Praat nou met u diensknegte in Aramees, want ons verstaan dit en moenie met ons in Hebreeus praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.”

12. Rav-Shakeh het egter gesê: “Het my meester my slegs na jou meester en na julle toe gestuur om hierdie woorde te sê en nie na die manne wat op die muur sit, wat hulle eie drek sal eet en hul eie urine sal drink, saam met julle nie?”

13. Toe gaan Rav-Shakeh staan en roep hardop in Hebreeus uit en sê: “Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Ashur!

14. So sê die koning: ‘Moenie dat Hizkiyahu julle bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie;

15. moet ook nie dat Hizkiyahu julle op יהוה laat vertrou deur te sê: “יהוה sal ons sekerlik bevry nie; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Ashur oorgegee word nie.’”

16. Luister nie na Hizkiyahu nie, want so sê die koning van Ashur: ‘Maak vrede met my en kom uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy eie put

17. totdat ek kom en julle wegvat na ’n land soos julle eie land, ’n land van graan en nuwe wyn, ’n land van brood en wingerde.

18. Moenie dat Hizkiyahu julle mislei deur te sê: “יהוה sal ons bevry,” nie. Het enige van die gode van die nasies hulle land bevry uit die hand van die koning van Ashur?

19. Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van S’farvayim? Wanneer het hulle Shomron uit my hand bevry?

20. Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land bevry het uit my hand dat יהוה Yerushalayim uit my hand sou bevry?’”

21. Hulle het egter stilgebly en hom niks geantwoord nie, want die koning se opdrag was: “Moet hom nie antwoord nie.”

22. Toe het Elyakim, die seun van Hilkiyahu, wat oor die huishouding was, Shevnah, die skrywer en Yo’ag, die seun van Asaf, die graffier, met geskeurde klere by Hizkiyahu gekom en hom die woorde van Rav-Shakeh vertel.