hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In dié dag sal יהוה die livyatan, die deurborende reptiel, ja, livyatan, die kronkelende reptiel, met Sy vreeslike, groot en magtige swaard straf en Hy sal die draak doodmaak wat in die see is.

2. In daardie dag: “Sing van ’n wingerd van wyn!

3. Ek, יהוה, is sy Versorger: Ek sal dit elke oomblik water gee; Ek bewaak dit nag en dag sodat niemand dit kan beskadig nie.

4. Ek het geen toorn nie. Sou iemand My dorings of distels gee in die geveg, sou Ek daarop trap, dit volkome verbrand;

5. of laat hom onveranderlik vashou aan My beskerming, Ek sal vir hom vrede maak, vrede sal Ek vir hom gee.”

6. In die dae wat kom, sal Ya’akov wortel skiet, Yisra’el sal bloei en uitspruit en hulle sal die hele wêreld met vrugte vul.

7. Het יהוה die onderdrukker geslaan soos wat hy dié slaan wat hom geslaan het? Of word hulle gedood soos dié wat deur die slagting deur hom gedood is?

8. U het met hulle geworstel deur hulle te verban, deur hulle weg te dryf. Met Sy sterk wind het Hy hulle uitgedryf op die dag van die oostewind.Rom 11:25-27

9. Die wetsoortreding van Ya’akov sal daarom hierdeur vergewe wees en dit sal die volle prys wees van die vryspraak van sy sonde: wanneer hy al die altaarklippe maak soos verkrummelde kalkklippe; wanneer die Asherahs, afgode en wierookaltare nie meer regop sal staan nie,

10. want die versterkte stad is afgesny, ’n woning wat ontvolk en verlate is soos die woestyn; daar sal die kalwers wei en daar sal hulle lê en sy gras eet.

11. Wanneer sy takke verdor is, word hulle afgebreek; vroue kom en maak ’n vuur daarmee, want hulle is nie ’n volk van onderskeiding nie; daarom sal hulle Maker nie vir hulle omgee nie en sal hulle Skepper nie vir hulle onverdiende guns bewys nie.

12. In dié dag sal יהוה vanaf die vloeiende stroom van die Eufraat af tot by die spruit van Mitzrayim, Sy vrugte oes en júlle sal ingesamel word, een vir een, o seuns van Yisra’el!Mat 24:31 en dan sal dié wat verlore gegaan het in die land van Ashur en dié wat versprei was oor die land van Mitzrayim, kom en יהוה aanbid op die afgesonderde berg by Yerushalayim.

13. Dit sal gebeur dat in dié dag ’n groot ramshoring geblaas sal word