hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die profetiese visioen aangaande Tzor: huil, o skepe van Tarshish, want dit is verwoes, sonder huis of hawe; dit word aan hulle rapporteer uit die land van die Kittiërs.

2. Wees stil, inwoners van die kusland, groothandelaars van Tzidon, jou boodskappers het oor die see gegaan,

3. oor baie waters. Die graan van die Nyl, die oes van die Rivier (Eufraat) was haar inkomste en sy was die mark van nasies.

4. Wees beskaamd, o Tzidon, want die see, die vesting van die see, praat en sê: “Ek het geen geboortepyne gehad of geboorte gegee nie, ek het geen jongmanne grootgemaak of maagde opgevoed nie.”

5. As die verslag Mitzrayim bereik, sal hulle in benoudheid wees oor die verslag van Tzor.

6. Vaar oor na Tarshish; huil, o inwoners van die kusland!

7. Is dít julle jubelende stad wat sy oorsprong in die gryse verlede het, wie se voete haar gedra het om ver plekke te koloniseer?

8. Wie het dit teen Tzor, die uitdeler van krone, wie se groothandelaars prinse was, wie se handelaars die geëerdes van die aarde was, beplan?

9. יהוה-Tzva’ot het dit beplan, om die trots van alle skoonheid te onteer, om al die geëerdes te verag.

10. Oorstroom jou land soos die Nyl, dogter van Tarshish! Daar is geen terughouding meer nie.

11. Hy het Sy hand uitgestrek oor die see, Hy het koninkryke laat bewe; יהוה het ’n bevel gegee met betrekking tot Kena’an, om sy vestings af te breek.

12. Hy het gesê: “Jy sal nie meer uitgelate wees nie, o onteerde maagdelike dogter van Tzidon! Staan op, vaar oor na Kittim; selfs daar sal jy geen rus kry nie.

13. Let op, die land van die Kasdeërs; dit is die volk wat nie was nie; Ashur het dit bestem vir woestyngediertes; hulle het hul beleëringstorings opgerig, hul paleise gestroop, dit ’n puinhoop gemaak.

14. Huil, o skepe van Tarshish, want julle vesting is verwoes!

15. In daardie dag sal Tzor vergeet word vir sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tzor gebeur volgens die lied van die hoer:

16. “Vat die harp, gaan rond in die stad, o vergete hoer! Speel die snare bekwaam, sing baie liedere sodat jy onthou kan word.”

17. Dit sal gebeur aan die einde van sewentig jaar dat יהוה Tzor sal besoek. Dan sal sy terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke wat op die aardbodem is.Yeg 28

18. Haar wins en haar hoereloon sal tot יהוה afgesonder word; dit sal nie opgehoop of gebêre word nie, maar haar wins sal voldoende kos en keur klere word vir die wat in die Teenwoordigheid van יהוה loop.