hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Bel het neergebuig, N’vo buig krom; hulle afgode is as vrag op die beeste gelaai. Die dinge wat julle dra, is swaar, ’n vrag vir die vermoeide diere.

2. Hulle buig krom, hulle het saam neergebuig; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangeskap gegaan.

3. Luister na My, o huis van Ya’akov en almal wat oorgebly het van die huis van Yisra’el, julle wat deur My gedra is van die baarmoeder af, versorg van geboorte af;

4. selfs tot jou oudag is Ék dieselfde, tot jou grys jare sal Ek jou dra; Ék het dit gedoen en Ék sal jou dra en Ék sal jou red.

5. Tussen My en wie wil julle ’n ooreenkoms tref en My vergelyk dat ons eenders sal wees?

6. Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ’n goudsmid en hy maak dit in ’n god; hulle buig neer; inderdaad aanbid hulle dit.

7. Hulle lig hom op die skouer, dra hom en sit hom op sy plek neer en daar staan hy! Hy beweeg nie van sy plek nie; al roep iemand ook na hom, hy kan nie antwoord nie; hy kan hom nie verlos van sy benoudheid nie.

8. Onthou dit en wees oortuig; herinner jou daaraan, o oortreders!Deut 6:4

9. Onthou die dinge wat van ouds af was, want Ek is God en daar is geen ander nie; Ek is God en daar is niemand soos Ek nie;

10. wat van die begin af die einde verklaar en van die ou tyd af dinge wat nog nie gedoen is nie; wat sê: ‘My plan sal stand hou en Ek sal al My begeertes uitvoer;

11. wat ’n roofvoël roep uit die ooste, die man van My doel uit ’n ver land. Waarlik, Ek het gepraat, Ek sal dit laat gebeur. Ek het dit beplan, Ek sal dit doen.

12. Luister na My, julle hardkoppiges, wat ver is van onpartydige opregtheid!

13. Ek bring My onpartydige opregtheid naby; dit is nie ver nie en My verlossing sal nie vertoef nie en Ek sal verlossing gee in Tziyon en My lof, eer en aanbidding aan Yisra’el.”