hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 55 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “O, elkeen wat dors het, kom na die waters en wie geen geld het nie, kom, koop en eet. Kom, koop wyn en melk sonder geld en sonder prys.

2. Waarom spandeer julle geld vir wat geen brood is nie en julle salaris op wat nie kan versadig nie? Luister versigtig na My en eet wat goed is en verheug jouself in oorvloed.Hand 13:34 volgens die getroue onverdiende gunste aan Dawid bewys.

3. Draai julle oor en kom na My toe, luister en doen sodat julle kan lewe en Ek sal ’n ewige verbond met julle sluit,

4. Let op, Ek het hom ’n getuie tot die volke gemaak, ’n leier en bevelvoerder vir die volke.

5. Let op, jy sal ’n nasie roep wat jy nie ken nie en ’n nasie wat jou nie ken nie, sal na jou toe hardloop, ter wille van יהוה, jou God, die Afgesonderde Een van Yisra’el omdat Hy jou lof en eer gegee het.

6. Soek יהוה terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.

7. Laat die wettelose sy pad verlaat en die onopregte en partydige sy gedagtes en laat hom terugdraai na יהוה en Hy sal vir hom omgee; na ons God, want Hy sal oorvloedig vryspreek,

8. want My gedagtes is nie julle gedagtes nie en julle manier is nie My manier nie,” verklaar יהוה,

9. want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My metodes hoër as julle metodes en My gedagtes as julle gedagtes,

10. want soos die reën en die sneeu van die hemel afkom en nie daarheen terugkeer sonder om die aarde nat te maak en dit te laat voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter, nie,

11. so sal My woord wees wat uit My mond uitgaan; dit sal nie leeg na My toe terugkom, sonder om te bereik wat Ek begeer en sonder om voorspoedig te wees in dit waarvoor Ek dit stuur, nie,

12. want julle sal met vreugde uitgaan en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal uitbreek in uitroepe van vreugde voor julle en al die bome van die veld sal hande klap.

13. In plaas van ’n doringboom sal ’n sipres opkom en in plaas van ’n netel sal ’n mirteboom opkom en dit sal ’n herdenking wees tot יהוה, as ’n ewige teken wat nie afgesny sal word nie.”