hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die profetiese visioen aangaande die wildernis van die see: soos stormwinde deur die Negev gaan, kom dit vanuit die wildernis, uit ’n vreesaanjaende land;

2. ’n ernstige visie is aan my gewys! Die valse handel steeds valslik en die vernietiger vernietig. Gaan op, `Eilam en die berge van Madai! Ek het ’n einde gemaak aan al hulle gesug.

3. Om hierdie rede is my heupe vol benoudheid; pyne het my aangegryp soos die pyne van ’n vrou wat geboorte gee. Ek is so verward, ek kan nie hoor nie; so angsbevange, ek kan nie sien nie.

4. My verstand, wil en emosie duisel, angs oorval my; die skemeraand waarna ek uitgesien het, is vir my verander tot ’n verskrikking.

5. Hulle dek die tafel, gooi die lap oor, hulle eet, hulle drink: “Staan op, bevelvoerders, salf die skilde,”

6. want so sê יהוה vir my: “Gaan, plaas die brandwag, laat hom rapporteer wat hy sien.

7. Wanneer hy ‘n strydwa sien, ‘n paar perderuiters, ’n ruiter op ‘n donkie en ’n ruiter op ‘n kameel, laat hom ernstig aandag gee, baie ernstig.”

8. Toe het die brandwag geroep: “O יהוה, ek staan voortdurend op die wagtoring in die dag en ek is op my wagpos elke nag.Open 14:8

9. Nou, let op, hier kom een van die paar perderuiters en hy het gesê: ‘Geval, Bavel het geval en al die beelde van haar gode is stukkend op die grond’.”

10. O my gedorstes en geteisterdes van die dorsvloer, wat ek gehoor het van יהוהTzva’ot, die God van Yisra’el, maak ek aan julle bekend!

11. Die profetiese visioen aangaande Edom: een hou aan om my van Se’ir af te roep: “Waaksman, hoe ver is die nag verby? Waaksman, hoe ver is die nag verby?”

12. Die waaksman sê: “Die oggend kom, maar ook die nag. As julle moet vra, vra; kom weer terug.”

13. Die profetiese visioen aangaande Arabië: “In die ruigtes van Arabië moet julle oornag, karavane van die D’daniete!

14. Bring water vir die wat dors is, o inwoners van die land van Teima, ontmoet die vlugteling met brood,

15. want hulle het vir die swaarde gevlug, vir die getrekte swaard, vir die gespande boog en vir die druk van die geveg,

16. want so het יהוה vir my gesê: ‘Binne ’n jaar, soos die huurling dit sal tel, sal al die lof en eer van Kedar tot ’n einde kom

17. en wat oorbly van die getal boogskutters van die seuns van Kedar, sal min wees,’ want יהוה, God van Yisra’el, het gepraat.”