hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dan sal ’n LootLuk 2:52 en begrip, die GeesLuk 2:40 van raad en krag, die Gees van kennis en die respekvolle vrees van יהוה.

2. Die Gees van יהוה sal op Hom rus, die Gees van wysheid

3. Hy sal Hom verheug in die respekvolle vrees van יהוה en Hy sal nie oordeel deur wat Sy oë sien nie en ook nie ’n besluit maak deur wat Sy ore hoor nie,

4. maar die armes met onpartydige opregtheid oordeel en met regverdigheid besluit namens die geteisterdes van die aarde en Hy sal die aarde slaan met die lat van Sy mond en met die asem van Sy lippe sal Hy die bose oortreder doodslaan.Efe 6:14; 1 Kef 1:13

5. Ook sal onpartydige opregtheid die gordel om Sy lendene wees en vertrouenswaardigheid die gordel om Sy heupe.

6. Die wolf sal by die lam bly, die luiperd sal by die jong bokkie gaan lê, die kalf, die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar en ’n klein seuntjie sal hulle lei.

7. Die koei en die wyfie beer sal ook wei, hulle jonges sal saam lê en die leeu sal strooi eet soos die os.

8. Die suigeling sal by die gat van ’n kobra speel en die gespeende kind sal sy hand sit op die adder se nes.

9. Hulle sal nie seermaak of vernietig op My volkome afgesonderde berg nie, want die aarde sal vol wees van die kennis van יהוה soos die waters die see bedek.Mat 2:23; Hand 3:21

10. Dan, in daardie dag, sal die nasies hulle toevlug neem na die Wortel van Yishai, wat sal staan as ’n Banier vir die volke en Sy rusplek sal wonderlik wees.

11. Dan sal dit gebeur op daardie dag dat יהוה weer vir die tweede keer met Sy hand, dié wat oorbly van Sy volk, vanuit Ashur, Mitzrayim, Patros, Kush, `Eilam, Shin’ar, Hamat en die eilande van die see, sal terugwen.

12. Hy sal ’n banier oplig vir die nasies, die uitgebandes van Yisra’el laat vergader en die verstrooides van Y’hudah bymekaarmaak uit die vier hoeke van die aarde.

13. Dan sal die jaloesie van Efrayim verdwyn en die wat Y’hudah lastig val sal afgesny word; Efrayim sal nie jaloers wees op Y’hudah nie en Y’hudah sal Efrayim nie lastig val nie.Deut 2:5,9 besit en die seuns van `AmmonDeut 2:19 sal aan hulle onderdanig wees.

14. Hulle sal afsweef op die hange van die F’lishtyne aan die weste; saam sal hulle die seuns van die Ooste plunder; hulle sal Edom en Mo’av

15. יהוה sal die seetong van Mitzrayim heeltemal vernietig en Hy sal Sy hand oor die Rivier swaai met Sy skroeiende wind en dit uitmekaar slaan tot sewe strome en mense droog laat oorloop.

16. Daar sal ’n hoofpad wees vir die oorblywendes van Sy volk wat oorbly uit Ashur, net soos daar was vir Yisra’el op die dag toe hulle uit Mitzrayim uit opgekom het.