hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 59 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Let op, die hand van יהוה is nie te kort dat dit nie kan red nie en Sy oor is ook nie doof dat dit nie kan hoor nie,

2. maar julle boosheid het ’n skeiding gemaak tussen julle en julle God en julle sondes het Sy gesig vir julle verberg sodat Hy nie hoor nie,

3. want julle hande is onrein gemaak deur bloed en julle vingers met wetteloosheid; julle lippe het valsheid gepraat, julle tong mompel boosheid.

4. Niemand kla in onpartydige opregtheid aan en niemand pleit eerlik nie; hulle vertrou in verwarring en praat leuens; hulle raak swanger aan moeilikheid en gee geboorte aan wetteloosheid.

5. Hulle broei adder-eiers uit en weef spinnerakke; hy wat van hulle eiers eet, sterf en uit die wat stukkend gebreek word, breek ’n adder uit.Open 19:8

6. Hulle geweefdes sal nie klere word nie en hulle sal hulle ook nie met hulle werke toemaak nie; hulle werke is wettelose werke en ’n daad van geweld is in hulle hande.

7. Hulle voete hardloop na boosheid en is haastig om onskuldige bloed te vergiet; hulle gedagtes is bose gedagtes, verwoesting en vernietiging is op hulle hoofpaaie.

8. Hulle ken nie die pad van vrede nie en daar is geen regverdige oordeel in hulle spore nie; hulle maak hul paaie verdraaid, niemand wat daarop loop, ken vrede nie.Spr 1:16; Rom 3:15-17

9. Regverdige oordeel is daarom ver van ons af en onpartydige opregtheid haal ons nie in nie; ons hoop op lig, maar let op, duisternis; op helderheid, maar ons loop in donkerte.

10. Ons tas rond langs die muur soos blindes, ons tas rond soos die wat geen oë het nie; ons struikel op die middag soos in die skemeraand; ons is onder die gesondes soos dooie mense.

11. Ons brom almal soos bere en kla treurig soos duiwe; ons hoop op regverdige oordeel, maar daar is geen; op verlossing, dit is ver van ons af,

12. want ons oortredinge van die wet is vermenigvuldig voor U en ons sondes getuig teen ons, want ons wetsoortredinge is by ons en ons ken ons booshede:

13. oortreding en ontkenning van יהוה en wegdraai van ons God; die praat van onderdrukking en opstand, die vorming en uitspreek van leuentaal uit die verstand, wil en emosie.

14. Regverdige oordeel word teruggedraai en onpartydige opregtheid staan ver weg, want die waarheid struikel in die straat en opregtheid kan nie inkom nie.

15. Ja, die waarheid kom kort en wie afwyk van die boosheid, maak homself ’n prooi. Nou het יהוה gesien en dit was onaanvaarbaar in sy oë dat daar geen regverdige oordeel was nie.Yes 63:5

16. Hy het gesien dat daar niemand was nie en het gewonder dat daar niemand is om tussenbeide te tree nie; toe het Sy eie arm vir Hom verlossing gebring en Sy onpartydige opregtheid het Hom ondersteun.Efe 6:13-17

17. Hy het onpartydige opregtheid aangetrek soos ’n borsplaat en die helm van verlossing op Sy kop gesit en Hy het klere van wraak aangetrek as klere en Homself toegedraai met ywer as ’n mantel.

18. Volgens hulle dade, so sal Hy vergeld: toorn aan Sy teëstanders, terugbetaling aan Sy vyande; aan die kuslande sal Hy terugbetaal.

19. So sal hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה vrees van die weste af en Sy lof, eer en aanbidding vanaf die opgaan van die son, want die onderdrukker sal kom soos ’n stormende stroom en die Gees van יהוה sal hom verneder.Yes 49:7; Rom 11:26

20. “’n Loskoper sal na Tziyon toe kom en na die wat in Ya’akov wegdraai van oortreding,” verklaar יהוה.

21. “Wat My betref, hierdie is My verbond met julle,” sê יהוה: “My Gees wat op jou is en My woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal nie uit jou mond uitwyk nie en ook nie uit die mond van jou nageslag en ook nie uit die mond van jou nageslag se nageslag nie,” sê יהוה, “van nou af en vir ewig.