hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efrayim en die verwelkende blom van sy wonderlike skoonheid, wat aan die kop is van die vrugbare vallei van hulle wat deur wyn oorweldig is.

2. Let op, יהוה is sterk en magtig, wat soos ’n haelstorm, ’n storm van verwoesting, soos ’n storm van magtige, oorvloeiende waters met Sy hand op die grond neergooi.

3. Die trotse kroon van die dronkaards van Efrayim word onder die voete vertrap

4. en die verwelkende blom van sy wonderlike skoonheid, wat aan die kop van die vrugbare vallei is, sal wees soos die eerste ryp vy voor die somer, wat iemand sien en sodra dit in die hand is, sluk hy dit weg.

5. In daardie dag sal יהוה-Tzva’ot ’n pragtige Kroon en ’n wonderlike Krans wees vir dié wat oorgebly het van Sy volk;

6. ’n Gees van regverdige oordeel vir hom wat in die oordeel sit en ’n Sterkte vir hulle wat die aanval by die poort afweer.Lev 10:9; Yeg 44:21 hulle is oorweldig deur wyn, hulle steier van sterk drank; hulle fouteer in oordeel as gevolg van dronkenskap, hulle eet oormatig,

7. Hierdie het ook oortree met wyn en oorboord gegaan met sterk drank: die priester en die profeet het oortree met sterk drank,

8. want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sonder ’n enkele skoon plek.Mal 2:5-9; Heb 5:12-14

9. Vir wie wil hy kennis leer en vir wie wil hy die boodskap interpreteer? Vir hulle wat van melk gespeen is? Dié wat van die borste weggevat is?

10. Want, “vuilheid is op vuilheid, vuilheid op vuilheid, braaksel is op braaksel, braaksel op braaksel, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie.”

11. Hy sal inderdaad met hierdie volk praat deur hakkelende lippe en ’n vreemde tong,

12. Hy wat aan hulle gesê het: “Hier is rus, gee rus aan die vermoeides” en “hier is verfrissing,” maar hulle wou nie luister nie.

13. So sal die woord van יהוה vir hulle wees: “Vuilheid is op vuilheid, vuilheid op vuilheid, braaksel is op braaksel, braaksel op braaksel, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie” sodat hulle kan gaan en agteruit struikel, gebreek word, in ’n strik val en gevang word.

14. Hoor daarom die Woord van יהוה, julle spotters, wat heers oor hierdie volk wat in Yerushalayim is

15. omdat julle gesê het: “Ons het ’n verbond met die dood gesluit en met Sh’ol het ons ’n verdrag aangegaan. Die oorweldigende gésel sal ons nie bereik wanneer Hy verbykom nie, want ons het valsheid ons skuilplek gemaak en onsself in misleiding weggesteek;”Rom 9:33; 1 Kef 2:6

16. daarom, so sê die Meester יהוה: “Let op, Ek lê in Tziyon ’n Steen, ’n beproefde Steen, ’n duur Hoeksteen vir die fondasie, stewig neergesit. Hy wat daarin vertrou, sal nie bang wees nie.

17. Ek sal die regverdige oordeel tot ’n maatband maak en onpartydige opregtheid die waterpas; dan sal hael die skuiling van leuens wegvee en die waters die geheime plek oorspoel.

18. Julle verbond met die dood sal gekanselleer word en julle verdrag met Sh’ol nie staan nie; wanneer die oorweldigende gésel deurtrek, sal julle deur Hom vertrap word.

19. So dikwels as wat hy deurtrek, sal Hy julle gryp, want oggend na oggend sal Hy deurtrek, dag of nag en dit sal suiwer angs wees om te verstaan wat dit beteken.”

20. Die bed is te kort om op uit te strek en die kombers te klein om jouself in toe te draai,

21. want יהוה sal opstaan soos by die berg P’ratzim; Hy sal opgewerk wees soos in die vallei van Giv’on om Sy taak uit te voer, Sy ongewone taak en om Sy werk te verrig, Sy uitsonderlike werk!

22. Gedra julle nou nie soos spotters nie, of julle bande sal sterker gemaak word, want ek het van die Meester, יהוה-Tzva’ot, gehoor van ’n vasgestelde vernietiging oor die hele aarde.

23. Gee gehoor en hoor my stem; luister en hoor my boodskap!

24. Ploeg die boer voortdurend om te saai? Skeur hy sy akker voortdurend oop en eg die grond?

25. Maak hy nie die oppervlak gelyk en saai vinkel, strooi komyn, plant koring in rye en gars in hulle plek en rog om sy rand, nie?

26. Want sy God gee hom instruksies volgens diskressie en leer hom behoorlik,

27. want vinkel word nie met die slee gedors nie en die wawiel word nie oor komyn gerol nie, maar vinkel word uitgeslaan met ’n staf en komyn met ’n stok.

28. Broodkoring word fyn gestamp, inderdaad hou hy nie aan om dit te dors nie, want die wawiel en die perde beskadig dit, hy stamp dit nie verder nie.

29. Ook dit kom van יהוה-Tzva’ot, wat Sy raadgewing wonderbaar gemaak het en Sy wysheid groot.