hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dan sal jy op daardie dag sê: “Ek sal U dank, יהוה, want alhoewel U kwaad was vir my, is U woede weggedraai en U vertroos my.

2. Let op, die Magtige God is my Verlossing, ek sal vertrou en nie bang wees nie, want Yah, יהוה, is my Krag en my Loflied en Hy het my Verlossing geword.”Yog 7:37,38

3. Julle sal daarom met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing.

4. In dié dag sal julle sê: “Gee dank aan יהוה, roep Sy Naam aan, maak Sy dade onder die volke bekend, laat hulle onthou dat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) hoog opgelig is!

5. Lofprys יהוה deur sang, want Hy het uitstekende dinge gedoen; laat dit bekend wees regdeur die aarde.

6. Jubel en skree uit van vreugde, o inwoners van Tziyon, want die Afgesonderde van Yisra’el is groot in julle midde.”