hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Luister na My, julle wat onpartydige opregtheid najaag, wat יהוה soek! Kyk na die rots waaruit julle gekap is en die gruisgat waaruit julle gegrawe is.

2. Kyk na Avraham, julle vader en na Sarah, wat aan julle geboorte gegee het in pyn. Toe hy nog alleen was het Ek hom geroep, toe het Ek hom geseën en hom vermenigvuldig.”Gen 2:8-15 vreugde en blydskap sal daarin gevind word, hande wat opgelig word en die klank van ’n lied.

3. Inderdaad sal יהוה vir Tziyon vertroos; Hy sal al sy puinhope vertroos en sy wildernis maak soos `Eden en sy woestyn soos die tuin van יהוה;

4. “Gee aandag aan My, My volk en gee die oor vir My, My nasie, want ’n wet sal van My af uitgaan en Ek sal My regverdige oordeel stel as ’n lig vir die volke.

5. My onpartydige opregtheid is naby, My verlossing het uitgegaan en My arms sal die volke oordeel; die kuslande sal op My wag en op My arm sal hulle vertrou.

6. Lig julle oë op na die hemel en kyk dan na die aarde daaronder, want die hemel sal verdwyn soos rook en die aarde verslyt soos ’n kledingstuk en sy inwoners sal net so sterf, maar My verlossing sal vir ewig wees en My onpartydige opregtheid sal nie afneem nie.

7. Luister na My, julle wat onpartydige opregtheid ken, ’n volk in wie se verstand, wil en emosie My wet is! Moenie bang wees vir die beskuldigings van mense en skrik vir hulle skeltaal nie,

8. want die mot sal hulle opeet soos ’n kleed en die wurm sal hulle eet soos wol, maar My onpartydige opregtheid sal vir ewig wees en My verlossing vir alle geslagte.”Yes 27:1; Ps 74:14

9. Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, arm van יהוה! Ontwaak soos in die ou dae, in die geslagte van lank gelede. Is dit nie U wat ‘n ernstige straf aangekondig en die seemonster deurboor het nie?Yes 43:16 vir die vrygekooptes om oor te gaan nie?

10. Is dit nie U wat die see, die waters van die dieptes drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ’n pad gemaak het

11. So sal die vrygekooptes van יהוה teruggaan en met vreugdevolle krete na Tziyon kom en ewige vreugde sal op hulle kop wees. Hulle sal vreugde en blydskap verkry en droefheid en gesug sal wegvlug.

12. Ek, ja Ek is Hy wat julle troos! Wie is jy dat jy bang is vir die mens wat sterf en vir die seun van ’n mens wat soos gras gemaak isLev 26:36

13. sodat jy יהוה wat jou gemaak het vergeet, wat die hemel uitgesprei en die fondasies van die aarde gelê het; dat jy voortdurend, die hele dag vrees as gevolg van die woede van die onderdrukker, soos hy gereedmaak om te vernietig? Waar is die woede van die onderdrukker?

14. Die banneling sal gou losgelaat word en sal nie in die kerker sterf of sy brood ontbreek nie,Mat 8:26; Mar 4:39; Luk 8:24

15. want Ek is יהוה, jou God, wat die see bestraf en sy golwe is stil; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!

16. Ek het My woorde in jou mond gelê en jou met die skaduwee van My hand bedek, om die hemel vas te stel, die aarde te vestig en aan Tziyon te sê: ‘Jy is My volk!’

17. Word wakker, word wakker, staan op, Yerushalayim, jy wat uit die hand van יהוה die beker van Sy woede gedrink het; jy het die kelk van wankeling uitgedrink tot op die afsaksel.

18. Daar is nie een tussen al die seuns waaraan sy geboorte gegee het om haar te lei nie; ook nie een tussen al die seuns wat sy grootgemaak het om haar aan die hand te vat nie.

19. Hierdie twee dinge het jou oorgekom; die verwoesting en vernietiging, hongersnood en swaard; wie sal oor jou treur? Hoe sal ek jou troos?

20. Jou kinders het flou geval, hulle lê by die ingang van elke straat, soos ’n bok in ’n net, vol van die toorn van יהוה, die bestraffing van jou God;

21. daarom, hoor asseblief hierdie, geteisterde, wat dronk is, maar nie van wyn nie!

22. So sê jou Meester, יהוה, jou God, wat vir Sy volk stry: “Let op, Ek het die beker van wankeling uit jou hand gevat, die kelk van My woede; jy sal dit nooit weer drink nie.

23. Ek sal dit in die hand van jou folteraars sit, wat vir jou gesê het: ‘Lê sodat ons oor jou kan loop.’ Jy het jou rug soos die grond gemaak en soos die straat vir die wat daaroor loop.”