hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Let op, יהוה verwoes die aarde, vernietig dit, misvorm sy oppervlakte en verstrooi sy inwoners.

2. Die mense sal wees soos die priester, die slaaf soos sy meester, die slavin soos haar meesteres, die koper soos die verkoper, die uitlener soos die lener, die skuldeiser soos die skuldenaar.

3. Die aarde sal heeltemal verwoes en heeltemal geplunder wees, want יהוה het hierdie boodskap gespreek:

4. ‘Die aarde treur, verwelk; die wêreld kwyn, verwelk; die vernaamstes van die mense van die aarde kwyn weg.

5. Die aarde is bevuil deur sy inwoners, want hulle het wette oortree, die instellings geskend, die ewige verbond verbreek;

6. daarom verteer ’n vloek die aarde en dié wat daarin woon word skuldig gehou; daarom word die bewoners van die aarde verbrand en is daar min mense oor.

7. Die nuwe wyn treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.

8. Die vreugde van die tamboeryne het opgehou, die geraas van die uitgelatenes hou op, die vreugde van die harp hou op!

9. Hulle drink nie wyn met sang nie; sterk drank is bitter vir die wat dit drink.

10. Die stad van chaos is afgebreek; al die huise is toegesluit sodat niemand mag ingaan nie.

11. Daar is ’n geskree oor wyn op die strate; alle blydskap verander in mismoedigheid, die vreugde is van die aarde af verban.

12. Verlatenheid het in die stad oorgebly en die poort is tot ’n puinhoop stukkend geslaan,

13. want so sal dit wees op die aarde, tussen die mense, soos die skud van ’n olyfboom, soos die na-oes as die druiwe-oes verby is.

14. Hulle lig hulle stem op, hulle skree van vreugde; hulle skree uit vanaf die weste aangaande die majesteit van יהוה.

15. Bring daarom lof en eer aan יהוה in die ooste, aan die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, die God van Yisra’el, in die kuslande van die see!’Open 22:11

16. Van die einde van die aarde af hoor ons liedere, selfs lof en eer aan die Regverdige Een, maar ek sê: “Weë my, weë my, dit is ‘n raaisel vir my! Die verraderlikes handel vals; valser en valser.

17. Angs, die kuil en die strik konfronteer jou, o inwoner van die aarde!

18. Dan sal dit wees dat hy wat vlug vir die verslag van die ramp, in die kuil sal val en hy wat uit die kuil uitklim, sal in die strik gevang word, want die vensters bo is oopgemaak en die fondamente van die aarde skud.

19. Die aarde word heeltemal opgebreek, die aarde word geheel en al oopgebreek, die aarde word uitermate geskud.

20. Die aarde slinger heen en weer soos ’n dronkaard en word geskud soos ’n pondok, want sy wetsoortreding is swaar op hom en hy sal val om nooit weer op te staan nie.

21. Dit sal in daardie dag so gebeur dat יהוה die hemelse leërskare daar bo sal straf en die konings van die aarde op die aarde.

22. Hulle sal bymekaar gemaak word, soos gevangenes, in die ondergrondse sel en in die tronk toegemaak wees en ná baie dae sal hulle gestraf word.Open 21:23

23. Dan sal die maan rooi word van skaamte en die son beskaamd, want יהוה-Tzva’ot sal regeer op die berg Tziyon en in Yerushalayim en Sy eer, lof en aanbidding sal voor die oudstes wees.