hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Yesha'yahu 56 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So sê יהוה: “Bewaar die regverdige oordeel en doen onpartydige opregtheid, want My verlossing is op die punt om te kom en My onpartydige opregtheid om geopenbaar te word.

2. Hoe geseënd is die mens wat dit doen en die seun van ’n mens wat onveranderlik daaraan vashou, wat hom daarvan weerhou om die Shabbat te onteer en sy hand weerhou daarvan om boosheid te doen.”

3. Laat die vreemdeling wat hom by יהוה gevoeg het, nie sê: “יהוה sal my sekerlik afskei van Sy volk,” nie en laat die gelowige ook nie sê: “Let op, ek is ’n droë boom,” nie,Num 15:13-16; Hand 15:18-21; Efe 2:3-8

4. want so sê יהוה: “Aan die gelowiges wat My Shabbatte hou en kies wat My tevrede stel en onveranderlik My verbond vashou,

5. aan hulle sal Ek in My huis en binnekant My mure ’n gedenkteken en ’n naam (karakter en outoriteit) gee wat beter is as seuns en dogters; Ek sal vir hulle ’n ewige naam (karakter en outoriteit) gee wat nie afgesny sal word nie.

6. Ook aan die vreemdelinge wat hulle by יהוה voeg, om Hom te bedien en om die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה lief te hê, om Sy diensknegte te wees, elkeen wat hom weerhou om die Shabbat te onteer en onveranderlik vashou aan My verbond,Mat 21:13; Mar 11:17

7. hulle sal Ek bring na My afgesonderde berg en hulle vol vreugde maak in My huis van gebed. Hulle brandoffers en hulle offers sal aanvaarbaar wees op My altaar, want My huis sal ’n huis van gebed genoem word vir al die volke.”

8. יהוה-God, wat die verstrooides van Yisra’el versamel, verklaar: “Ek sal nog meer versamel, by die versameldes.

9. Al julle wilde diere van die veld, al julle wilde diere in die bos, kom eet!

10. Hulle wagte is blind, hulle weet almal niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; dromers wat lê, wat lief is om te sluimer

11. en die honde is gulsig, hulle is nie tevrede nie en hulle is herders wat nie insig het nie; hulle het almal na hulle eie metodes gedraai, elkeen na sy onregverdige wins, tot die laaste een.”1 Kor 15:32

12. “Kom,” sê hulle, “laat ons wyn gaan haal en laat ons baie sterk drank drink en môre sal wees soos vandag, net meer so!”